NUUs

Tshepisho Sebeela is die alumniverhoudinge-praktisyn op die kampus in Mahikeng.

Met die regte gereedskap kan jy werkloosheid oorwin

Sy hart klop in sy keel. Die onderhoudvoerder wil weet wat hy verwag van die pos waarvoor hy aansoek doen. Haar wenkbroue lig. As hy net aan ’n goeie antwoord kan dink …

Naas werkloosheid is ’n werksonderhoud waar jy met stomheid geslaan is enige gegradueerde se ergste nagmerrie. Omdat ons by die NWU dit weet, laat ons nie ons studente gestrand nadat hulle gegradueer het nie.

Inderdaad: die onlangse loopbaandag wat die Alumnikantoor en die Loopbaansentrum aangebied het, het bevestig dat die NWU lewenslange verhoudinge bou.

 

Die geleentheid van 10 Oktober 2018 was daarop gemik om die alumni toe te rus met die gereedskap om hulle in hul soektog na werk te help.Die eerste deel van die dag het op die skryf van CV’s en onderhoudsvaardighede gefokus, met werkswinkels wat die NWU se loopbaankonsultant, dr Peet Roos, aangebied het.

 

Tydens die tweede deel van die dag het werklose NWU-gegradueerdes moontlike werkgewers ontmoet wat hul sienings gedeel het oor dit waarna werkgewers in voornemende werknemers soek. Sprekers was van die privaat en openbare sektor en het instellings soos FNB, Masithuthuke Holdings, die Departement van Arbeid, en die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) verteenwoordig.

 

Die NYDA se Ntoma Sebayane het alumni aangemoedig om entrepreneursgeleenthede te ondersoek en die vaardighede toe te pas wat hulle deur hul kwalifikasies verkry het. Hy het ook voorgestel dat hulle die NYDA-kantoor besoek en die opleidings- en befondsingsgeleenthede gebruik wat aangebied word.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

Tshepisho Sebeela (agter heel regs) glo die loopbaandag het waarde toegevoeg en die alumni gemotiveer. By haar is die alumni wat die werkswinkel bygewoon het.

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

volgende

>

NWU & U