nUUs

 

 

 

Mariëtte Fourie sê sy het by die NWU van positiewe sielkunde gehoor en omdat sy dit deeltyds kon studeer, was dit ideaal. “Ek wou nog altyd mense in tronke help en die studie het vir my daardie geleentheid gegee.”

 

 

Een van die grootste inspirasies vir Mariëtte se studie was haar dogter, Lorinda, wat in Maart 2018 oorlede is.

 

“Lorinda het nooit moed opgegee nie. Sy was sedert haar tienerjare terminaal siek en kon vier jaar voor haar dood nie meer loop nie, maar haar denke was helder en sy het ons tot op die einde geïnspireer.

 

“Sy het ons geleer om positief te bly en vas te byt, selfs onder die heel moeilikste omstandighede.”

 

 

 

*Die naam van die Sycamore Tree-projek is op die Bybelse verhaal van Saggeus, die korrupte tollenaar in die tyd van Jesus, gegrond. Hy het in Jerigo in ’n wildevyeboom geklim om vir Jesus te sien en dit het sy lewe vir altyd verander.

 

Dié boom dra bloeisels van verandering

Misdaad verander almal wat daardeur geraak word. Dit skaad nie net die slagoffers nie, maar het ook gevolge vir dié wat oortree.

 

Die *Sycamore Tree-projek help oortreders om misdaad te laat vaar en ’n positiewe verandering te bewerkstellig vir almal wat betrokke is. Dit help oortreders om ’n nuwe begin te maak deur die Bybelse beginsels van verantwoordelikheid, belydenis, berou, vergifnis en versoening toe te pas.

Mariëtte Fourie, ’n navorser by die NWU, het as deel van haar meestersgraadstudie in positiewe sielkunde die ervarings van Suid-Afrikaanse vroue-oortreders ondersoek.

Mariëtte het een keer per week vir sewe weke lank met 19 deelnemers gewerk en deurlopend sterkte-gebaseerde aktiwiteite bygevoeg. Die foto links bo toon die bladsy voordat hulle met hierdie spesifieke aktiwiteit begin het. Nadat die taak voltooi is, was die bladsy met die deelnemers se gedagtes en idees gevul (regs).

Die krag van dankbaarheid en welwillendheid

 

Mariëtte het besluit om haar navorsingswerk oor die Sycamore Tree-projek te doen omdat sy die teorie van positiewe sielkunde wou integreer met die inhoud wat sy vir die inwoners van ’n korrektiewe sentrum in Gauteng geleer het.

 

Bestaande navorsing toon dat eenvoudige en doelgerigte positiewe aktiwiteite, genaamd sterkte-gebaseerde aktiwiteite, mense se geluk en welstand kan verhoog. Daarmee in gedagte het sy die vroue gevra om aan verskillende sterkte-gebaseerde aktiwiteite deel te neem. Dit het omgee-dade, die skryf van briewe van dankbaarheid en vergifnis, opmerksaamheid teenoor ander, en om die beste mens te wees wat jy moontlik kan wees.

 

Namate die inwoners die take voltooi het, het Mariëtte hulle gehelp om hul ervarings te ondersoek en te beskryf. Aan die einde van die projek het sy die vroue se persoonlike stories en ’n grootgroepdialoog-navorsing gebruik om data in te samel.

 

Aktiwiteite moedig positiewe verandering aan

 

Mariëtte het bevind dat die sterkte-gebaseerde aktiwiteite ’n positiewe verandering in die lewens van die vroue gemaak het. “Een vrou het gesê die deelname aan die aktiwiteite het haar laat besef dat daar ’n rede is waarom sy daar is. ’n Ander een het gesê sy wil die aktiwiteite vir die grootste gedeelte van die dag doen, omdat dit ’n impak maak.”

 

Haar studie het reeds talle ander buite die mure van die korrektiewe instelling aangeraak. ’n Artikel oor haar werk is in The International Journal of Restorative Justice gepubliseer, en Mariëtte het in April hierdie jaar ’n referaat daaroor by die Afrika-konferensie vir Positiewe Sielkunde gelewer. Sy het ook op die KykNET-program, Die Groot Ontbyt, verskyn.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

 

Wat jy saai, sal jy maai

 

Mariëtte sê sy het die belangrikheid van keuses besef. “Een verkeerde keuse kan op ’n misdaad uitloop. Die vroue-inwoners is daar as gevolg van hul keuses, maar hulle het nou gekies om die beste van hul omstandighede te maak.”

 

Klik hier om na ’n gedeelte van die video te kyk.

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

volgende

>

NWU & U