PROFIELE

Dr James Ramakau is bekend en hoogs gerespekteer in die talentbestuursbedryf en ontvang gereeld uitnodigings om sakelui toe te spreek.

 

Klink ʼn glasie

 

 

James is beslis nooit op sy mond geval nie. Daarvoor het sy betrokkenheid sedert 2012 by die *Toastmasters gesorg. Hy dien boonop ook van 2017 tot 2018 as streeksdirekteur vir die organisasie se Midrand-klub.

 

Hy sê hy kan nie genoeg beklemtoon hoe belangrik die vaardighede is wat mens kan aanleer as jy by Toastmasters aansluit nie. “As universiteitsgegradueerdes dink ons na oor dinge en probeer ons innoveer, maar ons kan net ons standpunte deel as ons met oortuiging kan praat. As jy beter kan praat, kan jy beter aanbied, beïnvloed en lei.”

 

* Toastmasters Internasionaal is ’n niewinsgewende opvoedkundige organisasie wat openbare redevoering en leierskapsvaardighede deur middel van ’n wêreldwye netwerk van klubs aan mense leer.

 

James sit die mens in mensehulpbronne terug

Dit is 2001 en die blinkoog-eerstejaar, James Ramakau, het pas sy eerste tree op die kampus in Vanderbijlpark gegee.

 

Tóé het hy geen idee gehad dat hy slegs 35 jaar oud sal wees wanneer hy sy PhD verwerf nie en ook nie dat hy eendag die senior mensehulpbronbestuurder by AngloGold Ashanti sal wees nie.

Jare later sou hierdie voormalige matrikulant van Pele-Ya-Pele Secondary in Lethabo (Viljoensdrift) beskryf word as ’n “buitengewone, onkreukbare karakter wat altyd glimlag en altyd gewillig is om te luister en raad te gee”. Dit is een van die talle gloeiende getuigskrifte op sy persoonlike profiel.

 

Met sulke getuigskrifte is dit geen wonder dat hy onlangs op die Suid-Afrikaanse Raad vir Personeelpraktyk aangestel is nie. Hy is ook ’n lid van die Universiteit van Pretoria se Mensehulpbronbestuur en die Adviesraad vir Bedryfsielkunde.

 

Hy het baie hard en doelgerig gewerk om te kom waar hy vandag is.

 

Bemeester sy ABC

 

Teen 2004 het James sy baccalaureusgraad en honneursgraad in bedryfsielkunde voltooi. Twee jaar later het hy ook sy meestersgraad in bedryfsielkunde gehad – alles aan die NWU verwerf. Terwyl hy studeer het, was hy ’n trotse inwoner van die Vergelegen-koshuis.

 

Hy het daarna die arbeidswêreld aangepak, maar aangehou om sy vaardighede te verbeter deur in 2010 ’n middelbestuursprogram in besigheidsadministrasie en bestuur te voltooi. Hy het sy PhD in 2014 oor die onderwerp van tevredenheid in die mynbedryf aan die Universiteit van KwaZulu-Natal verwerf.

 

Kyk eers na jouself en dan na ander

 

James sê bedryfsielkunde- en mensehulpbronpraktisyns moet eers na hulself kyk voordat hulle begin om kwessies oor mensekapitaalbestuur te hanteer.

 

Hy glo “intellektuele arrogansie” sit agter talle van die tekortkominge in die beroep. Een daarvan is die tendens onder praktisyns om bloot oplossings aan organisatoriese uitdagings te bied, in plaas daarvan om doeltreffend met die mense self te skakel.

 

Sy raad vir praktisyns is om op karakterbou, leierskap en kommunikasievaardighede te fokus en hul wêreldbeskouing uit te brei. Hulle moet ook pligsgetrou en hardwerkend wees en hulself deurlopend ontwikkel.

 

Nader aan die huis

 

Wanneer hy nie die werksomgewing een dag op ’n slag verander nie, geniet James dit om fiks te bly, en as drawwer hardloop hy 21 km-wedlope in sy vrye tyd. Hy is ook ’n entoesiastiese bewonderaar van die sanger en liedjieskrywer, Simphiwe Dana, en ’n toegewyde vader van ’n pragtige sesjarige dogter.

 

Wat die blinkoog-eerstejaars betref wat volgende jaar op die kampus aankom net soos hy dit in 2001 gedoen het, is sy raad aan hulle:

“Neem tyd om jou karakter te ontwikkel. Besluit hoe jy graag wil wees en neem tyd om jouself te leer ken. Aanvaar jouself en wy jou aan een of ander saak toe.”

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U