nUUs

 

Ettienne van Rensburg het bewys dat hy ’n veelsydige joernalis is toe hy eerste gekom het in die sportfotografiekategorie en op die ou end ook vir die skryf van hoofopskrifte onder die top drie was.

 

 

Dustin Wetdewich se neus vir nuus het aan hom die eerste plek in die hardenuuskategorie besorg. Die feit dat hy derde in die kategorie vir ondersoekende verslaggewing gekom het, bevestig sy vermoë om inligting uit te snuffel.

 

 

Kort en kragtig

 

Ettienne van Rensburg het hierdie vindingryke hoofopskrifte ingeskryf wat aan hom ’n plek onder die top drie joernaliste vir die skryf van hoofopskrifte besorg het.

 

  • Vir ʼn berig oor boks, het hy hierdie kop geskryf: Visser te skerp vir Knife
  • Visse loop mooi as hulle pap gooi (vir ʼn berig oor hengel)
  • Stallions weer vol skop
  • Student maak kleingeld van penny se rekord

 

Top-nuushonde slyp hul vaardighede by NWU

Die pen — sowel as die kameralens – is magtiger as die swaard, veral wat toekennings betref.

Die NWU se alumni neem gereeld hul plekke in onder die beste van die bestes op alle gebiede van die Suid-Afrikaanse samelewing. Dit sluit joernalistiek in. Onlangs het vier alumni erkenning ontvang by die Forum vir Gemeenskapsjoernaliste (FGJ) se uitnemendheidstoekennings omdat hulle onder die bestes in hul kategorieë was.

 

Ettienne van Rensburg, Dustin Wetdewich, Marianke Saayman en Selogile Leshage is vroeër vanjaar tydens die FGJ-toekenningseremonie vir hul uitstekende werk in gemeenskapsjoernalistiek vereer.

 

En die wenners is …

 

Ettienne van Rensburg van die Vaalweekblad het nie net die sportfotografiekategorie gewen nie, maar in die top drie vir die skryf van hoofopskrifte geëindig en bewys dat hy nie net ʼn goeie fotograaf is nie, maar ook ’n goeie skrywer.

 

Dustin Wetdewich van die Potchefstroom Herald het die toekenning in die hardenuuskategorie gewen en was ook derde vir ondersoekende verslaggewing. Sy kollega, Marianke Saayman, het die Alet Roux-eremedalje vir die beste nuweling van die jaar gewen.

 

Selogile Leshage, ook van die Potchefstroom Herald, was tweede as die beste nuweling van die jaar en ook in die algemene fotografiekategorie.

 

Dié vier joernaliste is sprekende voorbeelde van die hoë gehalte van die NWU se alumni wat voortgaan om te skitter en die universiteit trots te maak.

 

’n Oomblik vasgevang in tyd...

 

 

Alumnus Ettienne van Rensburg wys ons hoe hy die wêreld deur sy kameralens sien. Met hierdie treffende foto het hy stof in die oë van die ander persfotograwe geskop.

 

 

Wat ’n prestasie!

 

Om onder die top drie in ’n kategorie te wees, is ’n merkwaardige prestasie as jy daaraan dink dat 130 joernaliste van meer as 80 gemeenskapskoerante uit al nege provinsies vir die kompetisie ingeskryf het.

 

Die FGJ se kompetisie is uniek omdat dit die enigste geleentheid in Suid-Afrika is waar joernaliste se werk en publikasies vergelyk kan word met dié van ander joernaliste van alle ander mediaplatforms, hetsy die publikasies onafhanklik of in korporatiewe besit is.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

 

Marianke Saayman mag dalk die nuwe speler in die span wees, maar om die toekenning vir die beste nuweling van die jaar te ontvang, bewys dat sy nie vir haar meer ervare kollegas hoef terug te staan nie.

 

 

Kort op Marianke se hakke was Selogile Leshage, wat tweede was as die beste nuweling van die jaar. Hy het ook die tweede plek in die kategorie vir algemene fotografie behaal.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U