nUUs

Een van die aktiwiteite by die GeeXpo was ’n Wiskunde-olimpiade.

 

Volgens JT Terblanche, ’n dosent in die Skool vir Rekenaarwetenskap en Inligtingstelsels en die koördineerder van die geleentheid, is wiskunde en wetenskap verpligtend as studente verdere studies op bepaalde gebiede wil onderneem.

 

Dit sluit ingenieurswese, natuurwetenskappe, inligtingstegnologie en medies in.

 

Beurse is beskikbaar

 

Benewens dat leerders die verskillende toepassings van wiskunde en rekenaarwetenskap in ’n universiteitskonteks kon sien, het die GeeXpo hulle ook ’n kans gegee om beurse te wen.

 

Hierdie jaar se wenners was ’n leerder van Vereeniging Gimnasium, William Cronjé, en ’n NWU-student, Reinardt Atkinson.

 

William het ’n volle beurs gewen om in 2020 rekenaar- en inligtingswetenskap aan die NWU te studeer, terwyl Reinardt ’n beurs gewen het om sy honneursgraad in 2019 te voltooi.

 

Wiskunde + wetenskap = GeeXpo-sukses

Die dae toe bleeksiel ’n skeldnaam was, is lankal verby. In hierdie era van hoë tegnologie is dit hoe bleker hoe beter – kyk maar na mense soos Bill Gates, Mark Zuckerberg en Steve Jobs.

Vir al wat ons weet, kan van die leerders wat onlangs die NWU se vyfde jaarlikse GeeXpo op die kampus in Vanderbijlpark bygewoon het dalk in hul voetspore volg.

 

Leerders van graad 7 en hoër het tydens die GeeXpo aan verskillende wiskunde- en inligtingswetenskapverwante aktiwiteite deelgeneem.

 

Dit het ’n Wiskunde-olimpiade, ’n robotika-uitdaging, interaktiewe aanbiedings deur die Serious Games Institute of South Africa (SGI-SA) en Robotika, ’n praktiese-assesseringstaakkompetisie (PAT-kompetisie), en die NWU Vanderbijlpark-studente-uitdaging ingesluit.

 

Die PAT-kompetisie loop parallel met die kurrikulumuitkomste vir graad 10 tot 12-leerders met IT as skoolvak, terwyl die studente-uitdaging op derdejaar-IT-studente van die NWU gemik is.

 

Bleeksiel is bobaas

 

Die onlangse GeeXpo-gebeurtenis, wat die hoogtepunt op die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe se kalender is, het honderde leerders van regoor sentraal-Suid-Afrika gelok. Daar was ook ’n rekordgetal deelnemers wat aan die gewilde Wiskunde-olimpiade en die PAT-kompetisie deelgeneem het.

 

Volgens Daleen Gerber, hoof van die vakgroep Wiskunde en Toegepaste Wiskunde, is die waarde van die jaarlikse ekspo dat dit leerders in staat stel om die volle spektrum te ervaar van professionele geleenthede wat met wiskunde en rekenaarwetenskap verband hou.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

Wanneer ʼn mens na hierdie foto’s kyk wat by die NWU se GeeXpo geneem is, kom ’n paar gesegdes by ’n mens op. Hulle sluit in “breinkrag is beter as spierkrag”, “tegnologie triomfeer”, “kennis is mag” en “lank lewe die IK-konings en -koninginne”.

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

NWU & U