NUUS

 

“Dit is baie duidelik dat ons groot vordering maak in die bereiking van ons droom om ’n internasionaal-erkende universiteit in Afrika te wees wat bekend is vir betrokke wetenskapsbeoefening, maatskaplike responsiwiteit en ’n sorgsaamheidsetiek.

 

“Ons munt nie net uit met innoverende leer en onderrig en toonaangewende navorsing nie, maar ons bemagtig ook ons samelewing deur kennis.”

 

- Prof Dan Kgwadi, visekanselier

 

NWU onder die top-5% universiteite in die wêreld

Die onlangs gepubliseerde ranglys deur die Center for World University Rankings (CWUR) dui aan dat ons beduidend in rangorde gestyg het onder die universiteite wat op die wêreldranglys is.

Ons het ons gradering met amper 100 plekke verbeter en van die 964ste tot die 869ste plek geklim. As gevolg hiervan is die NWU nou onder die top 4,8% van die beraamde 18 000 universiteite wat wêreldwyd geëvalueer word.

 

Ons bly op nommer sewe op die CWUR se ranglys van Suid-Afrikaanse universiteite, maar dit beteken nie dat ons stilgestaan het nie. Vergeleke met ander plaaslike universiteite het die NWU sy posisie verreweg die meeste verbeter.

 

Onderrig en fakulteitslede onder die vergrootglas

 

Die CWUR publiseer die enigste wêreldwye universiteitsranglys wat die gehalte van onderrig en opleiding van studente meet, asook die statuur van die fakulteitslede en die gehalte van hul navorsing. Anders as ander organisasies, baseer die CWUR nie sy gradering op data wat deur universiteite self ingelewer of deur opnames ingesamel word nie.

 

Die CWUR gebruik sewe objektiewe en kragtige maatstawwe om die wêreld se top-1 000 universiteite te gradeer:

 

Gehalte van onderrig, gemeet teen die getal alumni wat belangrike internasionale toekennings, pryse en medaljes gewen het, relatief tot die universiteit se grootte (gewig van 25%)

 

Indiensneming van alumni, gemeet teen die getal alumni wat HUB-poste in die wêreld se topmaatskappye beklee, relatief tot die universiteit se grootte (25%)

 

Gehalte van fakulteitslede/dosente, gemeet teen die getal akademici wat groot internasionale toekennings, pryse en medaljes gewen het (10%)

 

Navorsingsuitset, gemeet teen die totale getal navorsingsreferate (10%)

 

Hoëkwaliteitpublikasies, gemeet teen die getal navorsingsreferate wat in topvlak-vaktydskrifte verskyn (10%)

 

Invloed, gemeet teen die getal navorsingsreferate wat in hoogs invloedryke vaktydskrifte verskyn (10%)

 

Aanhalings, gemeet teen die getal navorsingsreferate wat dikwels aangehaal word (10%)

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

 

Ons versamel sterre

 

In 2018 het ’n ander graderingstelsel, Quacquarelli Symonds, aan die NWU ’n oorkoepelende vierstergradering toegeken, wat ’n verbetering is op die drie sterre wat ons in 2012 ontvang het.

 

In die kategorieë vir onderwys, indiensneembaarheid, innovasie en geriewe het ons vyf uit vyf sterre gekry.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U