NUUs
INHOUD
Onderwysers by ’n kruispad
Lloyd glo dat Suid-Afrikaanse onderwysers hulle by ’n kruispad bevind.
Aan die een kant bied tegnologiese vordering aan onderwysers ’n unieke geleentheid om leer te bevorder. Aan die ander kant het aanhoudende sosio-ekonomiese probleme ’n negatiewe impak op die gehalte van onderwys. Hierdie probleme sluit die voorkoms van geweld by skole, swak dissipline, bendegeweld, dwelmmisbruik en boeliegedrag in.
“Ons almal besef dat onderwys belangrik is. Dit maak die speelveld vir almal gelyk – ongeag hulle agtergrond of ekonomiese status. Ons moet egter ook verantwoordelikheid neem vir en swak onderwys konfronteer,” het hy gesê.
Gewone “kryt-en-klasgee”-klaskamers is iets van die verlede. Dit was die boodskap by die alumni-netwerksessie vir onderwyskundiges op 13 Junie op die kampus in Vanderbijlpark.
By hierdie geleentheid het prof Lloyd Conley, die uitvoerende dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde, oor nuwe onderrigpraktyke, die opkoms van tegnologie en die rol van onderwysers in die moderne klaskamer besin.
’n Nuwe onderwyslandskap: ons leer saam
Lloyd het verduidelik dat die Suid-Afrikaanse onderwyslandskap verander en dat internetontwikkeling vir 21ste-eeuse skole in ’n nuwe rigting beteken. “Nuwe en relevante onderrigpraktyke is uiters belangrik,” het hy gesê.
Met die hantering van die uitdagings van die nuwe onderwyslandskap is goeie kommunikasie, voortgesette samewerking, kritiese denke en kreatiwiteit almal kritieke faktore. “As ’n onderwyser moet jy nie bang wees om saam met jou leerders te leer nie. Sodoende hou jy die vuur van onderwys met ’n impak aan die brand.”
DIE NWU & U
Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.
Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.
Navigasie
>
<
VOLGENDE ARTIKEL
VORIGE ARTIKEL
KLANK
video
MEER INLIGTING
KLIK
DEEL
VORIGE
<