NUUS

Dr Aurelia Williams is gekies op grond van haar werk op die gebied van MIV-metabolomika. Sy ondersoek die impak van die virus en die behandeling daarvan op die gasheer se metabolisme.

Onverwagse erkenning is soveel soeter

 

Harde werk, konsekwentheid, toewyding en ’n positiewe ingesteldheid is die hoofbestanddele van dr Aurelia Williams se suksesresep.

 

Sy is uit sowat 6 000 mense gekies vir die Mail & Guardian se 200 Jong Suid-Afrikaners-lys en haar naam verskyn in die kategorie vir wetenskap en tegnologie.

 

Haar navorsing sluit in om die uitwerking van sekere genetiese kenmerke en die immuunreaksie op die ontwikkeling en vordering van MIV/vigs te ondersoek.

 

Aurelia werk reeds vir drie jaar by die NWU nadat sy haar postdoktorale opleiding aan die Universiteit van Kalifornië in San Francisco voltooi het.

Akademici verdien dié eksterne erkenning

Vier baanbrekers in hul onderskeie navorsingsvelde het die NWU se naam hoog gehou en eksterne erkenning ontvang omdat hulle die beste van die beste is.

Prof Elvis Fosso-Kankeu het ’n NSTF-South32-toekenning, ook bekend as ’n “Wetenskap Oscar”, ontvang, terwyl die Suider-Afrikaanse Rekeningkundevereniging (SAAA) prof Susan Visser met ʼn leeftydprestasietoekenning vereer het.

 

Daarby verskyn dr Aurelia Williams van die vakgroep Biochemie, en dr Musawenkosi Saurombe, NWU-alumna en voormalige postdoktorale navorsingsgenoot, op hierdie jaar se Mail & Guardian 200 Jong Suid-Afrikaners-lys.

Prof Elvis Fosso-Kankeu van die Skool vir Chemiese en Mineraalingenieurswese werk reeds ses jaar lank by die NWU. Hy sê hierdie toekenning sal vir hom meer geloofwaardigheid en respek by sy eweknieë verdien.

Wetenskap Oscar is die vrug van samewerking

 

By die onlangse NTSF-South32-toekennings, wat die grootste en gesogste toekennings vir wetenskap, ingenieurswese, tegnologie en innovasie in Suid-Afrika is, het prof Elvis Fosso-Kankeu die toekenning vir ingenieursnavorsing-kapasiteitsontwikkeling ontvang. Dit was vir sy navorsing oor die verbetering van watergehalte in die land.

 

Sy besondere belangstelling is navorsing in gemeenskappe wat deur uiterste waterskaarste en besoedeling geraak word, asook in innoverende tegnologieë om die kragbedryf te help om hulle watervoetspoor te beperk deur te verseker dat daar geen vloeibare afvalwater gestort word nie.

 

“Die kategorie waarin ek benoem is, was uiters mededingend, en ek is werklik geëerd om hierdie gesogte toekenning te ontvang – die gevolg van gesamentlike pogings met my studente en medewerkers,” sê hy.

 

“Ek moedig navorsers aan om nie in isolasie te werk nie – hulle moet saam met hul eweknieë werk om groter hoogtes te bereik.”

Prof Susan Visser is die bestuurder vir akademiese toekennings in die kantoor van die adjunk-visekanseliers vir navorsing en innovasie en vir onderrig en leer. Sy sê sy waardeer die erkenning wat sy ontvang het vir haar bydrae om rekenmeesters op te lei en ook vir die navorsing wat sy deur die jare in die rekeningkundige wetenskap gedoen het.

’n Leeftyd van kundigheid deel

 

Met meer as 42 jaar se ervaring in die akademie, is dit geen verrassing dat prof Susan Visser ’n blywende indruk op interne sowel as eksterne belanghebbers gelaat het nie.

 

Haar leeftydprestasietoekenning van die SAAA erken haar uitmuntende bydrae tot die rekeningkundebedryf die afgelope vier dekades.

 

Vir Susan, ’n voormalige dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, is dit nie vreemd om toekennings te ontvang nie. Tydens haar loopbaan het sy toekennings van verskillende organisasies ontvang vir haar bydrae tot onderrig en leer, asook navorsing, in die rekeningkundige wetenskappe. Vier was nasionale toekennings en een ʼn internasionale toekenning.

 

Susan het ses kwalifikasies aan die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys ontvang, en het haar hoogste kwalifikasie – ’n DCom in bestuursrekeningkunde en finansies – in 1983 behaal.

 

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

MEER INLIGTING

KLIK

DEEL

Dr Musawenkosi Saurombe het in die kategorie vir opvoedkunde uitgeblink. Sy sê sy voel nederig en geëerd dat haar pogings om ’n verskil in hierdie wêreld te maak, erkenning ontvang.

Harde werk word beloon

 

In 2017, toe dr Musawenkosi Saurombe op die ouderdom van 23 jaar haar graad aan die NWU behaal het, was sy die jongste vrou op die vasteland van Afrika om ’n PhD te verwerf.

 

Nadat sy haar doktorsgraad in bedryfsielkunde behaal het, het sy in 2017 as postdoktorale navorsingsgenoot by die universiteit aangesluit.

 

Sy het onlangs die pos van senior lektor aan die Universiteit van die Vrystaat aanvaar.

 

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U