REDAKSIONEEL

Prof Dan Kgwadi

Boodskap van

die visekanselier

Beste alumnus,

 

Die NWU het 2019 met ’n stewige basis begin. Ons het goeie vordering gemaak met die implementering van ons strategie, en ons kernbesigheid van onderrig-leer, navorsing en gemeenskapsbetrokkenheid staan sterk.

Dit beteken egter nie dat ons op ons louere kan rus nie – ons huidige prestasies vereis dat ons ander uitdagings moet hanteer.

 

Hierdie jaar sal ons daarop fokus om ons strategie te konsolideer. As ons die voorbeeld gebruik van hoe mens ’n rekenaar bou, kan ons sê dat ons die hardeware van die NWU-rekenaar nou aanmekaargesit het. Ons het dit gedoen toe ons die organisasiestruktuur aanvaar het wat ons strategie ondersteun. Wat ons nou moet doen, is om die sagteware te verfyn.

 

Hierdie sagteware sluit in die beleide wat ons moet implementeer. Een van die ingewikkeldste hiervan uit die oogpunt van implementering is ons taalbeleid.

 

Die Raad het hierdie beleid op hulle vergadering op 22 November verlede jaar goedgekeur, en ons opdrag gegee om dit te implementeer.

 

Die eenvoudigste en maklikste oplossing sou wees om eentalig te word, maar soos julle almal weet, is dit nie die beste oplossing vir ’n diverse Suid-Afrikaanse universiteit nie.

 

Hoewel dit uitdagend is, is die meertalige benadering wat ons gekies het, die beste een vir ’n universiteit soos ons s’n. Hierdie benadering is gegrond op die beginsel van inklusiwiteit: almal by hierdie universiteit moet ingesluit voel.

 

Julle sal saamstem dat die implementering van inklusiwiteit in ’n uiteenlopende omgewing soos ons s’n baie wysheid en moed verg.

 

Ons sal in 2019 ook daarop fokus om ’n universiteitskultuur te ontwikkel en te koester wat ons strategie ten volle ondersteun, naamlik om die NWU te transformeer en te posisioneer as ’n unitêre instelling van voortreflike akademiese uitnemendheid met ’n verbintenis tot maatskaplike geregtigheid.

 

’n Belangrike deel hiervan is ons sorgsaamheidsetiek. Dit is ’n beginsel van talle godsdienste en etiekstelsels om die goue reël te volg: “doen aan ander wat jy wil hê hulle aan jou moet doen”. As deel van ons doelwit om ’n diverse en inklusiewe omgewing te skep, moet ons dit egter dalk aanpas om te lui: “behandel ander soos wat hulle behandel wil word”.

 

 

Prof Dan Kgwadi

Visekanselier

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U