ProfiELE

 

Ten spyte van probleme

 

Dr Molatelo Madibana het verlede jaar sy PhD in dierewetenskap aan die NWU verwerf.

 

Molatelo, wat in Limpopo gebore is, het moeilik grootgeword en moes ná sy pa se dood in 1997 saam met sy ma en drie susters die mas opkom.

 

Hy sê hy het deurgedruk ten spyte van finansiële probleme, veral ten opsigte van die befondsing van sy voorgraadse studies aan die Universiteit van Limpopo.

 

“Die belangrikste ding wat ek gedoen het, was om die kursus waarvoor ek geregistreer het, deur te kom. Wanneer jy jou kursus slaag, is daar goeie Samaritane daar buite om jou te help.”

 

 

Die donkerkabeljou (Argyrosomus japonicas) is ’n belangrike lynvisspesie in Suid-Afrikaanse waters tussen Kaap Agulhas en die Mosambiekse grens. (Foto: Suid-Afrikaanse Instituut vir Akwatiese Biodiversiteit)

Visboerdery kan kos op jou bord beteken

Mafikeng-alumnus dr Molatelo Madibana glo akwakultuur gaan nog groot “vangste” vir voedselsekuriteit oplewer, en wil so gou as moontlik opkomende visboere oplei.

Hierdie 33-jarige produksiewetenskaplike wat tans in Kaapstad woon, hou die stuur stewig vas in die direktoraat van akwakultuurnavorsing in die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. Hy het ook verlede jaar sy PhD in dierewetenskap by die NWU verwerf.

 

Boer volhoubaar met vis

 

Molatelo se studieleier was prof Victor Mlambo, voorheen van die NWU se kampus in Mahikeng, en sy doktorsgraad was oor die effek van dieetaanvullings op onder andere die groei van die Suid-Afrikaanse donkerkabeljou.

 

Vismeel wat van vis soos sardientjies, ansjovis en makriel gemaak word, word hoofsaaklik gebruik om visse in ’n visboerdery mee te voer. Molatelo sê om hulpbronne uit die see op so ’n manier te gebruik, is nie volhoubaar nie. Hy glo visboere moet ander voedselbronne, soos plantproteïene en selfs seegras, gebruik.

 

Vangs van die dag

 

Een van die talle voordele van visboerdery is dat dit die mens se impak op die oseaan verminder terwyl dit mense voed.“Vis is ’n waardevolle en bekostigbare bron van proteïen. Akwakultuur het die potensiaal om daardie proteïen te verskaf, saam met noodsaaklike vetsure, en om só ’n bydrae tot voedselsekerheid te lewer,” sê hy.

Molatelo beplan om meer met internasionale navorsers saam te werk. “Ek het reeds met ’n PhD-student by die James Cook Universiteit in Australië in verband met navorsing oor swart tiersteurgarnale begin saamwerk.”

“Ek wens die NWU kan ’n akwakultuurkursus by hul toekomstige kurrikulums inwerk, aangesien die Voedsel en Landbou-organisasie (Food and Agriculture Organization, *FAO) van die Verenigde Nasies aangedui het dat akwakultuur die boerderysektor in die wêreld is wat die vinnigste groei,” sluit hy af.

*Die FAO is ’n gespesialiseerde agentskap van die Verenigde Nasies wat internasionaal probeer om honger te bekamp.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

Dr Molatelo Madibana se doktorsgraad was oor die effek van dieetaanvullings op onder andere die groei van die Suid-Afrikaanse donkerkabeljou.

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U