ONTDEK DIE NWU

Dit is ons:

 

By die NWU wil ons meer as bloot gemiddelde, alledaagse onderwysers lewer – ons wil buitengewone opvoeders skep.

 

Met die oog hierop bied ons Fakulteit Opvoedkunde uitstappies van drie dae lank aan met “superonderwysers” as die oorkoepelende tema.

 

In 2018 het altesaam 2 000 eerstejaar-BEd-studente – kontakstudente van al ons kampusse asook afstandsleerstudente – het sewe kampe bygewoon wat by ’n jeugsentrum in die Magaliesberg-area gehou is.

 

Skep superonderwysers vir die toekoms

Die video wys hoe ons ons studente motiveer om superonderwysers te word wat die jongmense van ons land in die toekoms kan inspireer.

 

Prof Josef de Beer en dr Neal Petersen, albei van die Skool vir Natuurwetenskappe en Tegnologie vir Onderwys, is vir hierdie kampe verantwoordelik, met ’n hele paar ander kollegas van die drie kampusse wat hulle ondersteun.

 

“Ons wil hê ons eerstejaars moet verstaan hoe kompleks dit is om ’n onderwyser te wees, en soos onderwysers begin dink en optree, en die verskillende rolle verstaan wat ’n onderwyser speel,” sê Josef.

 

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U