NUUs

Moet dit nie misloop nie

Hier is die alumni-aktiwiteite waarna julle in April en Mei kan uitsien:

APRIL

5  – Reünie vir maatskaplike werkers, in Vanderbijlpark gehou

12 – Alumni-reünie in Windhoek

17 – Streeksgeleentheid vir alumni in Klerksdorp

MEI

7 – Alumni-advieskomiteevergadering in Vanderbijlpark

10 – Dinee in Gaborone vir alumni in Botswana

15 – Alumni-ontbytgeleentheid in Nelspruit

15 – Toekomstige Alumni Ontmoet Alumni-projek: NWU Studenteraad-alumni, aangebied in Mahikeng

18 – Opedag op die kampus in Vanderbijlpark

23 – BEd-alumni-reünie wat op die kampus in Vanderbijlpark gehou word

23 – Alumni-reünie in Mahikeng vir alumni wat in daardie omgewing woon

24 – Opedag op die kampus in Mahikeng

Buig die boompie terwyl jy kan

Buig die boompie terwyl hy nog jonk is. Dié spreekwoord sê vroeë invloede het ’n groot uitwerking, en dit is presies wat die NWU se Alumnikantoor met hulle nuwe Toekomstige Alumni Ontmoet Alumni-projek in gedagte het.

Die Alumnikantoor het in die verlede by die afskeidsfunksies vir finalejaarstudente na die studente uitgereik net voor hulle die universiteit sou verlaat. Hierdie nuwe, meer omvattende projek betrek hulle egter vroeg reeds in hul studentelewe.

“Die idee is om op ons huidige studente te begin fokus terwyl hulle nog aktief deel van die NWU is,” sê projekbestuurder Tshepisho Seebela.

Hoe meer siele, hoe meer vreugde

Die projek sal studente sowel as alumni insluit.

“Ons sal ons studente bekendstel aan die idee om alumni te wees en vir hulle vertel van die aktiwiteite waaraan hulle in die toekoms kan deelneem.

“Hulle sal ook huidige alumni ontmoet wat hulle sal motiveer om aktiewe alumni te wees en met die universiteit in kontak te bly,” sê Tshepisho.

“Ons gaan hulle vir toekomstige reünies, fondsinsamelingsgeleenthede, gemeenskapswerk en mentorskapprogramme voorberei.”

“Julle as alumni sal tydens die verskillende geleenthede die kans kry om jul werkservaring, kundigheid en kennis met die studente te deel. Julle kan hulle ook inspireer om lojale, betrokke alumni te word (en te bly!).”

Kontak asseblief vir Tshepisho by tshepisho.sebeela@nwu.ac.za as jy deel van hierdie projek wil word.

DIE NWU & U

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

Wanner julle ons kampusse tydens die Ope Dae op 18 Mei in Vanderbiljpark en op 24 Mei in Mahikeng besoek, is julle welkom om ʼn draai by die Alumnikantoor se stalletjies te maak vir ’n geselsie, om julle kontakinligting op ons stelsel by te werk, of om by die Konvokasie aan te sluit.

vorige

<

NWU & U  |

NWU & U