X

nUUs

Die media het prof Raymond Parsons se kundigheid op verskeie platforms gebruik en dit het vir hom die titels van 2015 se NWU-woordvoerder van die Jaar en Meeste Aangehaal in Gedrukte en Aanlyn Media besorg.

Topwoordvoerders
kry wat hulle toekom

Die NWU het op 15 November 2016 sy Woordvoerder van die Jaar-toekenningsaand gehou. Die wenners is prof Albert Helberg, mnr Theo Venter (algeheel derde), prof Raymond Parsons (2015 NWU-woordvoerder van die Jaar), prof André Duvenhage (algeheel tweede), adv René Koraan en prof Peet van der Merwe.

Die universiteit se topwoordvoerders is gedurende die sewende jaarlikse toekenningsgeleentheid in November verlede jaar beloon vir die deel van hul kundigheid en vir hul positiewe bydrae tot die medialandskap in Suid-Afrika.

Die toekennings is vir die 2015-tydperk gehou. In die eerste plek was prof Raymond Parsons van die NWU se Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur.

 

Raymond is aangewys as die persoon wat in 2015 die meeste van alle NWU-woordvoerders aangehaal is – altesaam 300 keer. Behalwe prysgeld het hy ook ’n wisseltrofee vir sy bydrae ontvang.

 

Die eerste naaswenner was prof André Duvenhage van die fokusarea Sosiale Transformasie in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte, gevolg deur mnr Theo Venter van die NWU se Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur. Sowel André as Theo is vorige wenners van dié gesogte titel.

 

Die syfers spreek vanself

 

Die NWU is trots op die gehalte van sy kundiges en die media slaan dit ook hoog aan, soos dit duidelik blyk uit die honderde aanhalings en vermeldings wat NWU-personeel gereeld in koerante, aanlyn media, radio en televisie ontvang.

 

In 2015 is ’n totaal van 8 958 mediavermeldings van die NWU gemoniteer. Dit is ’n toename van meer as 1 700 in vergelyking met die 2014-getal.

 

Die 2015-artikels se advertensiewaarde was R197 miljoen. Dit is ’n toename van meer as R100 miljoen, vergeleke met die vorige jaar. Van die media-items wat ontleed is, het 3 972 in die gedrukte media verskyn, 775 in die uitsaaimedia en
4 211 in die aanlyn media.

 

Onderwerpe wat die media gedomineer het, was sport, kundige menings, gehalte van onderrig en innovasie, navorsing en, soos altyd, prestasies van alumni.

 

die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER inLIGTING

Die wenners in die ander kategorieë was:

 

Die meeste aangehaal in die uitsaaimedia in 2015

•  Mnr Theo Venter van die NWU se Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur

 

Die meeste aangehaal in gedrukte en aanlyn media in 2015

• Prof Raymond Parsons van die NWU se Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur

 

Ontluikende stem van die NWU

• Prof Peet van der Merwe, van die Skool vir Ondernemingsbestuur in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Potchefstroomkampus

 

Styging in mediadekking

• Prof Albert Helberg van die Fakulteit Ingenieurswese, Potchefstroomkampus, namens die hele NWU-sonkarspan

 

Aansporingstoekennings

• Prof Rodney Medupe van die Skool vir Fisika in die Fakulteit Landbou, Wetenskap en Tegnologie, Mafikengkampus

 

• Adv René Koraan van die Fakulteit Regte, Potchefstroomkampus

 

• Dr Ina Gouws van die Skool vir Basiese Wetenskappe in die Fakulteit Geesteswetenskappe, Vaaldriehoekkampus

 

NWU & U  |

NWU & U  |