Prof Dan het gesê die moeite van personeellede het vir die universiteit ’n plek in die topsewe universiteite in Suid-Afrika losgeslaan. (Video-tydlyn: 20:28)

 

Die NWU het groot vordering gemaak sedert dit vanaf ’n federale na ’n unitêre model beweeg het, het hy gesê. Hy het bygevoeg dat ons moet verseker dat ’n gelyke verspreiding van senior personeel regoor die drie kampusse plaasvind – iets wat ons tans redelik goed regkry. (16:42)

 

Die NWU en die hoëronderwyssektor

 

Die gesprek het toe gegaan oor hoe die sektor vaar, oor die NWU se strategie, en die universiteit se planne vir wat ná die pandemie gaan gebeur.

 

Dit was die fokus van prof Linda du Plessis, adjunk-visekanselier verantwoordelik vir beplanning en Vanderbijlparkkampusbedrywighede (21:19), en van dr Duane Aslett, direkteur vir strategie in die kantoor van die visekanselier (34:07).

 

Sedert die land verlede jaar in ’n staat van inperking geplaas is, het die universiteit voortgegaan om sy sorgsaamheidsetiek en maatskaplike responsiwiteit uit te leef, het Duane gesê.

 

Ons het ventilators vir hospitale en klinieke vervaardig, ’n OTM-voedselbank vir mense in nood geproduseer, en werk tans aan die prekliniese proewe vir ’n nuwe Covid-19-entstof.

 

Ná die pandemie

 

Volgens Linda bestaan die NWU nie in ’n vakuum nie en word ons beïnvloed deur wat in Suid-Afrika se hoëronderwyssektor gebeur.

 

Die NWU wil ná die inperking ’n kontakuniversiteit bly, sê sy, maar ’n hibriedmodel vir onderrig moet dalk ook oorweeg word. (51:47)

 

Sy het ook gepraat oor die geleenthede wat die pandemie meegebring het en hoe die pandemie die noodsaaklikheid vir lewenslange leer en die herontwikkeling van vaardighede beklemtoon het.

 

Die NWU is besig om daarna te kyk om sy Eenheid vir Oop en Afstandsleer en die Eenheid vir Voortgesette Onderwys uit te brei om kortkursusse vir die herontwikkeling van vaardighede aan te bied.

 

Alles oor mense en kultuur

 

Prof Mala Singh, uitvoerende direkteur vir mense en kultuur, het ’n aanbieding gedoen oor die personeelprofiel van die drie kampusse, personeelwerwing en die uitdagings ten opsigte van personeel van die NWU en die sektor. (1:02:10)

 

Sy het die indiensnemingsgelykheidstatistiek gedeel van hoe die NWU se top-, senior en middelbestuur met die res van die hoëronderwyssektor vergelyk. Mala het ook die Departement van Indiensneming en Arbeid se verpligte indiensnemingsgelykheidsteikens gedeel.

 

Sy het verder gepraat oor die indiensnemingsgelykheidsplan van Mense en Kultuur vir 2021 tot 2023, insluitende hoe dit geïmplementeer gaan word.

 

“Ek wil alle personeellede gerusstel dat die visekanselier en die NWU-Raad ons opdrag gegee het om afleggings so ver as moontlik te vermy. Ons doen alles in ons vermoë om seker te maak dat die poste van diegene wat tans in diens is, behou word.”

 

Sy het beklemtoon dat die indiensnemingsgelykheidsplan nie op ons bestaande personeellede gebaseer nie, maar op die verkryging van billikheid wanneer vakatures gevul moet word.

 

Aan die einde van die webinaar is verskeie vrae van personeellede beantwoord. (1:25:09)

Op 23 Junie, tydens die eerste aanlyn Gesprek met die Visekanselier van 2021, het prof Dan Kgwadi, hoof en visekanselier, alle personeellede bedank dat hulle hul allerbeste gedoen het sedert die land ’n staat van inperking betree het.

Vir julle gerief het ons plekke in die tydlyn van die video aangedui waar julle na bepaalde onderwerpe kan luister, byvoorbeeld: vrae word by 1:25:22 beantwoord. Dit beteken dat julle kan luister na bestuurslede wat op kykers se vrae reageer wanneer die video een uur, 25 minute en 22 sekondes aan die gang is.

BEWEEG OOR DIE FOTO'S OM MEER TE LEES.

HOU ONS ALMAL OP HOOGTE

Clement Manoko, uitvoerende direkteur vir korporatiewe verhoudinge en bemarking, was die programdirekteur tydens die webinaar. Hy het die aanlyn geleentheid geopen met ’n minuut van stilte vir almal wat hulle lewens tydens die Covid-19-pandemie verloor het.
Prof Linda du Plessis, adjunk-visekanselier verantwoordelik vir beplanning en bedrywighede op die Vanderbiljparkkampus, het die pogings geloof van die personeel wat ’n groot getal studente tydens die 2020-inperking bereik het. Sy het genoem dat ons eerstejaars se uitvalkoers van 10,8% in 2019 tot 9,1% in 2020 afgeneem het. Dit is die eerste keer dat die universiteit se uitvalkoers onder 10% is.
Prof Dan Kgwadi sê die webinaar was ’n goeie geleentheid vir die universiteit se bestuurspan om die personeel oor belangrike kwessies in te lig. Hy het bygevoeg dat hulle dikwels hierdie soort inligting aan groepe soos die NWU-Raad deurgee en dat hy bly is hulle kan dit ook met die personeel deel. “Ek is baie geëerd om julle te kan lei, en ek is baie trots op julle,” het hy afgesluit.
Prof Mala Singh, uitvoerende direkteur vir mense en kultuur, het gesê die NWU se waardevolste bates is sy werknemers. Sy het personeellede aangemoedig om psigososiale hulp te soek wanneer dit nodig is. Sy het ook vrae beantwoord oor mediese hulp, dissiplinêre sake, pogings om personeel te behou, en kritieke en skaars vaardighede by die NWU.
Dr Duane Aslett, direkteur vir strategie in die kantoor van die visekanselier, het ook aan die webinaar deelgeneem. Hy het daarop gewys dat die digitale besigheidstrategie in 2020 as die sesde doelwit by die jaarlikse prestasieplan van die universiteit gevoeg is. Die strategie se doel is om aan belanghebbers kwaliteitervarings in die konteks van die Vierde Industriële Revolusie te gee.

Om na die hele Gesprek met die visekanselier op YouTube te kyk, klik op die beeld hierbo.