julle het gepraat, en ons het geluister

Etiek@NWU:

Ons het verlede jaar in ’n opname vir julle gevra wat julle persepsie is van die stand van etiek by die NWU, en julle het vir ons gesê.  Nou gebruik ons julle terugvoer om ’n etiekstrategie vir die NWU op te stel.

x

 

Waar dit alles begin het

 

Ons het gedurende 2020 The Ethics Institute, ’n onafhanklike liggaam, gevra om ’n etiekevaluering by ons universiteit te doen. Nadat hulle fokusgroeponderhoude gevoer het, het ons al ons personeel uitgenooi om aan die kwantitatiewe evaluering deel te neem deur ’n opname in te vul.

Gedragsrisiko’s wat meer dikwels deur werknemers teëgekom is

Risiko

Gedragsrisiko’s wat selde deur werknemers teëgekom is

Geleenthede

OORKOEPELENDE TELLING VIR ETIESE GEDRAG: 94/100

Meer volwasse etiekkultuurgebiede (etiekgeleenthede)

Kwesbaarste etiekkultuurgebiede (etiekuitdagings)

Oorsig van volwasse etiese kultuur

OORKOEPELENDE TELLING VIR ETIESE KULTUUR: 38/100

Integrasie: Ons moet dus nog baie doen om ’n ontwikkelde etiekkultuur te skep…

matige risiko

onderontwikkel

Die resultate in die kollig

 

Kom ons kyk nou na die resultate – hier is kortliks wat julle vir ons vertel het: Vir ons etiese gedrag het ons 94 uit ’n totaal van 100 gekry, wat ’n matige risiko aandui.

 

Wat ons etiekkultuur by die universiteit betref, is die resultate minder gunstig – ons het slegs 38 uit 100 gekry, wat aandui dat ons etiekkultuur onderontwikkel is. (Die enigste uitsondering is die verbintenis tot etiek van ons werknemers op niebestuursvlak, wat toon dat ons etiekkultuur in hierdie verband in ’n ontwikkelende fase is.)

 

Maar waarom is ons kultuurtelling slegter as ons gedragtelling? Wel, dit wil voorkom of daar ’n gaping is tussen die waarneming van onetiese gedrag aan die een kant, en gevoelens oor die universiteit se onuitgesproke waardes aan die ander kant.

 

Julle het byvoorbeeld aangedui dat julle nie baie gevalle van onetiese gedrag waargeneem het nie, wat impliseer dat reëls en prosedures gewoonlik nagevolg word.

 

Terselfdertyd voel julle nie dat die onuitgesproke waardes, veronderstellings en oortuigings altyd etiese gedrag by die universiteit ondersteun nie.

 

Hoe die resultate gekommunikeer is

 

Die universiteitsbestuurskomitee en die maatskaplike en etiekkomitee van die Raad het terugvoer ontvang, en die uitkoms is ook op 17 Maart 2021 by die Raad se werkswinkel bespreek.

 

Dit is op 20 Mei deur ’n aanlyn inligtingsessie vir personeel en studente opgevolg.

 

Wat gebeur nou?

 

Dit is duidelik uit die resultate dat daar werk voorlê: ons moet ons moue oprol en ’n volwasse etiekkultuur opbou.

 

Die eerste stap is om ’n etiekstrategie en bestuursplan te ontwerp wat ons in staat sal stel om etiek aktief te bestuur en bekommernisse te hanteer. Die Maatskaplike, Etiek- en Risikokomitee sal na die implementering van hierdie strategie omsien.

 

Intervensies sal dan ontwerp word om die etiekkultuur te verbeter. Dit sal nie net ’n nakomingsoefening wees nie – ons is ernstig oor etiek en wil julle almal saam met ons op hierdie reis neem.

Is hierdie bevindings regtig verteenwoordigend?

 

Hierdie bevindings is inderdaad verteenwoordigend, aangesien 2 341 werknemers die opname ingevul het.

 

Dit beteken dat een uit elke twee kollegas die opname ingevul het, wat ’n uitstekende responskoers is.  Daarbenewens was daar ook fokusgroepe en onderhoude met studenteverteenwoordigers, asook van die bestuur regoor al die NWU-kampusse.

 

Dankie dat julle jul stemme laat hoor het!

(Klik op elke sirkel om meer te lees.)

Voordat ons na die resultate van die opname kyk, kom ons verfris weer julle geheue oor die opname wat julle ingevul het. Dit het op twee sake gefokus: etiese gedrag en ’n etiekkultuur by die NWU. Klik op die blokkies hieronder om uit te vind wat die verskil tussen etiese gedrag en ’n etiekkultuur is.

  • ETIESE GEDRAG

    Etiese gedrag verwys na die aantal keer wat werknemers elke dag onetiese gedrag in ons organisasie waarneem. Indien die tellings hoog is, beteken dit personeellede neem nie baie onetiese gedrag waar nie, terwyl lae tellings aandui dat daar baie meer onetiese gedrag plaasvind.

  • ETIEKKULTUUR

    Etiekkultuur verwys na daardie elemente in ’n organisasie se waardes, veronderstellings en oortuigings wat etiese gedrag ondersteun of nie ondersteun nie. Hoë tellings dui ’n groeiende etiekkultuur aan, terwyl ’n laer tellings ’n brose of onderontwikkelde etiekkultuur aandui.