DIE WERKPLEK-BESTUURSTELSEL

het opgedaag – en so ook die personeel

Met die druk van ’n paar knoppies het personeellede in Februarie 2021 3 175 fasiliteitsverwante versoeke na Fasiliteite gestuur.

 

Hulle het dit gedoen deur die nuwe elektroniese geïntegreerde werkplekbestuurstelsel genaamd Planon te gebruik, nadat die eerste van drie fases op 1 Februarie geïmplementeer is.

 

Die meeste van die versoeke wat aangemeld is, was oor instandhouding van geboue, gevolg deur elektriese toerusting, met loodgieterprobleme as die kwessie wat die derde meeste aangemeld is.

 

Behalwe die voordeel dat net ’n klik met die vingers nodig is om hierdie versoeke aan te meld, kan personeel ook vir die eerste keer al hulle fasiliteitsverwante probleme regdeur tot by die afhandeling daarvan naspoor en sien.

 

Daarbenewens word die stelsel ondersteun deur ’n fasiliteitsdienstoonbank, wat nog in sy kinderskoene is.

 

Versoeke wat jy kan aanmeld

 

Diensversoeke wat personeel gedurende die eerste fase op die stelsel kan aanmeld, sluit versoeke oor instandhouding van geboue, tuinareas en paaie op ons kampusse in, asook versoeke oor elektriese en meganiese toerusting, plaagbeheerdienste en vlootvoertuie.

 

Toekomstige diensversoeke wat tans vir fase 2 beplan word, is infrastruktuur- en ruimteversoeke, bespreking van ruimtes en versoeke vir verskuiwing van kantore en beplanning vir die trek.

 

Namate al hoe meer personeellede en eksterne belanghebbers die werkplekbestuurstelsel gaan begin gebruik en die verdere fases van die stelsel van stapel gestuur gaan word, sal daar seker gemaak word dat almal weet hoe die stelsel hulle werkslewe makliker gaan maak.

 

Klik op elke blokkie om meer te lees.

Vind antwoorde op jou vrae

 

Van die vrae wat jou dalk kan hinder, word hieronder beantwoord:

 

Waar kry ek toegang tot die geïntegreerde werkplekbestuurstelsel?

Klik op die “Requests for maintenance and facility services”-knoppie op Fasiliteite se webblad en volg die instruksies van daar af.

 

Wat moet ek doen as ek sukkel om toegang tot die stelsel te kry of dit te navigeer?

Die nuwe nommer van die fasiliteite-oproepsentrum wat vanaf die eerste week van April aktief sal wees, is X285 3100.

 

Jy kan ook op die “Contact service desk”-knoppie op Fasiliteite se webblad klik. Dit sal jou na ’n bladsy neem waar jy die kontakbesonderhede van die personeel op die onderskeie kampusse sal vind wat ’n versoek namens jou sal indien.

 

’n Ander opsie is om ’n e-pos te stuur aan Fasiliteite se dienstoonbank op jou kampus, wat ’n versoek namens jou sal indien. Hier is die adresse: Facilities-MC@nwu.ac.za, Facilities-PC@nwu.ac.za en Facilities-VC@nwu.ac.za.

 

 

 

As jy steeds onseker is wat ons werkplekbestuurstelsel, Planon, behels, kan jy na hierdie kort inligtingsvideo’s kyk om jou te help..