Daar wag ’n heerlike verrassing op voorgraadse studente wanneer hulle die spesiale nuwe onderrig- en leerruimte besoek wat vir hulle in die Mahikengkampus-biblioteek geskep is.

Die Biblioteek- en Inligtingsdienste (BID) het onlangs die splinternuwe voorgraadse onderrig-en-leer-meent bekendgestel wat alles bevat – van kragpunte om mobiele toestelle te laai tot studiehokkies en bibliotekarisse wat gereed staan om te help.

 

Die meent sluit die pas-opgeknapte 24-uur-studie-area in en is geleë waar die regsversameling was voordat dit na die eerste vloer toe verskuif het.

 

Louise Vos, senior bestuurder vir uitreike, projekte en kwaliteit, sê die BID-personeel het die geleentheid gehad om die argiteksplanne te help verfyn om te verseker dat die area in ooreenstemming met voorgraadse studente se onderrig- en leerbehoeftes is.

 

Al die areas het Wi-Fi en verskaf optimale toegang aan gebruikers met gestremdhede.

 

“Dit sal waarskynlik die ruimte op die kampus wees met die beste konneksies,” voeg sy by.

 

Wat alles by die nuwe meent is

 

Tiyani Mabunda, die direkteur vir oop vakkundigheid, sê die nuwe onderrig-en-leer-meent bestaan uit verskeie geriewe.

 

Klik op elke blok vir inligting oor die ander geriewe van die nuwe onderrig-en-leer-meent.

Rekenaarwerkstasies

 

Die 119 rekenaarwerkstasies is toegerus met 2/3-kragpunte waar studente hulle mobiele toestelle kan gebruik en laai.

 

Die ruim werkstasies het matglaspanele wat visuele privaatheid verskaf, wat hulle help om te fokus en te konsentreer deur steurnisse te blokkeer en tydelike “eienaarskap” van die ruimte te verskaf.

 

“Baie studente het die gevoel dat hulle so verbind kan bly terwyl hulle alleen in ’n oop opset kan werk,” sê Tiyani.

 

Alle rekenaars sal met die nodige sagtewareprogramme toegerus word om studente met hulle onderrig en leer te help. Die meubels is ook baie goed beplan, met ergonomiese rekenaarstoele wat ’n persoon se postuur ondersteun.

 

“Die rekenaars sal aan drukkers in die meent gekoppel word, waar tegniese ondersteuning beskikbaar sal wees,” voeg hy by.

BIBLIOTEEK

Prof Marilyn Setlalentoa, adjunk-visekanselier vir gemeenskapsbetrokkenheid en Mahikengkampusbedrywighede knip die lint om die voorgraadse meent te onthul, terwyl die NWU-maskot, Eagi, toekyk.

skep moderne ruimte vir voorgraadse studente