NWU-GEBOUE

Die afgelope jaar was baie uitdagend as gevolg van die Covid-19-pandemie, maar die NWU waak daarteen om die slagoffer te word van die uitdrukking “as jy nalaat om te beplan, beplan jy om iets na te laat”.

 

Die universiteit het na die toekoms gekyk en met sy ambisieuse konstruksieprogram voortgegaan. ’n Aantal hoë geboue het op al drie kampusse opgegaan – op Mahikeng, Potchefstroom en Vanderbijlpark.

skiet oral op te midde van Covid-19

Ons sportgeriewe word nog beter

 

Daar word beraam dat bouprojekte op die Potchefstroomkampus R324,7 miljoen gaan kos.

 

Een van die projekte is die pas-opgeknapte en geherstruktureerde gebou K2, wat die Hoëprestasie-instituut en ander navorsings- en opvoedkundige eenhede soos die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie en die Instituut vir Biokinetika gaan huisves.

 

Klik hier om meer te lees oor hierdie opwindende projek wat die NWU net nog meer as een van die land se mees gesogte sportbestemmings sal laat uitstaan.

 

Die groter prentjie

 

Dwarsoor die NWU is daar altesaam 92 projekte in die ondersoek-, beplanning-, verkryging- en konstruksiestadium, met ’n totale koste wat op R1,515 miljard beraam word.

 

Daar is ook ’n aantal klein opknappingsprojekte wat ten doel het om ’n goeie werksomgewing te verseker, en om regstelling en billike toewysing van hulpbronne in ooreenstemming met die NWU se verbintenis moontlik te maak. Dit sluit onder andere die installering van noodkrag en lugversorging in.

 

Deur die NWU se geïntegreerde werkplekbestuurstelsel, ’n drieledige projek, word hernude pogings aangewend om doeltreffendheid te verbeter, koste te beperk, veelvuldige stelsels te integreer en beter benutting van geriewe regdeur hulle lewensiklus te verseker.

 

 

  • Klik op die foto’s onder om meer oor die projekte te lees.

  •  

    Behuisingsprojek is groter as ooit

     

    Die vernaamste onder die groot langtermyn-kapitaalprojekte is die 1 728-bed-behuisingsprojek vir Mahikeng-studente waarvoor daar aan die einde van verlede jaar ’n terreinoorhandiging en inligtingsessie aan suksesvolle kontrakteurs plaasgevind het.

     

    “Dit is die grootste projek in die geskiedenis van die universiteit, dus wil ons seker maak dat ons by die program hou en die projek betyds aflewer,” sê die NWU se kontrakbestuurder en hoofagent, Retha Kooij-Kok.

     

    Benewens hierdie projek, behoort die nuwe gebou vir Beskermingsdienste op dieselfde kampus in die tweede kwartaal voltooi en oorhandig te word. Die oprigting van die nuwe Psigososiale Gesondheid-gebou – ’n toevoeging tot die Skool vir Verpleegkunde – is ook goed op dreef. ’n BBP-afdeling by die plaaslike sportterrein is ook ’n lus vir die oog.

  •  

    Die BBP-afdeling op die sportterrein van die Mahikengkampus is opgeknap.

  •  

    Opwinding bou op

     

    Intussen bou die opwinding op namate die Vanderbijlparkkampus se nuwe Administrasie-gebou voltooiing nader. Dit is vir Mei geskeduleer en werknemers sal waarskynlik gou daarna kan intrek.

     

    Die gebou sal kantore vir personeel huisves, insluitende die kantoor van die adjunk-visekanselier, Korporatiewe Verhoudinge en Bemarking, Finansies, Studente Akademiese Lewensiklusadministrasie en Mensehulpbronne.

     

    Dit sal ook ’n ruimte vir funksies hê, en ’n 50-sitplek-konferensievertrek waar vergaderings gehou kan word. Die talle argitektoniese kenmerke sal twee torings insluit wat op die ingang uitkyk, ’n brandtrap, en ’n pragtige ingangsportaal met kunswerk wat studente, gaste en personeel sal verwelkom.

     

    Prof Linda Du Plessis, adjunkvisekanselier vir beplanning en Vanderbijlparkkampusbedrywighede, het die konstruksieterrein onlangs besoek, en sy sê sy is baie tevrede met die vordering.

     

    “Die Covid-19-pandemie en die ongewone reënsiklus het om verstaanbare redes die oorspronklike tydsraamwerk vir die aflewering van die gebou beïnvloed, maar die kontrakteurs het ’n uitstekende taak verrig om aan te pas by die uitdagende werksomstandighede wat deur die pandemie veroorsaak is,” sê sy.

     

    Die hoof- en ontwerpsargitek van Mathews en Vennote, Pieter Mathews, sê hulle het hard gewerk om verlore tyd in te haal en om die impak van die agterstande weens die inperking te minimaliseer.

     

    “Die projek is oor die algemeen ongeveer 60% voltooi en ons is tevrede met die vordering. Konstruksie van die binnemure en nutsdienste op albei vloere is goed op dreef. Die gebou is baie veilig en modern, met ’n wonderlike eietydse argitekstyl,” sê hy. Die gebou, wat van die pad af gesien kan word, sal ’n moderne beeld van die universiteit vertoon.