Hierdie video vertel die verhaal van hoe die CFAM-papprojek seker maak dat plaaslike inwoners nie honger ly nie.

 

 

Om te weet jy maak die lewe makliker vir mense wat hulle inkomste as gevolg van die Covid-19-pandemie verloor het, is alreeds ’n groot beloning. Voeg erkenning deur Rotary International vir jou bydrae by en dit is waarlik iets om te vier.

 

Drie rolspelers van CFAM Technologies, ’n Potchefstroom-gebaseerde newemaatskappy van die Fakulteit Ingenieurswese, het onlangs erkenning gekry van Rotary International se Klerksdorp-tak vir ’n projek wat hulle van stapel gestuur het om voedingryke pap aan plaaslike inwoners te verskaf.

 

Die CFAM-papprojek het erkenning ontvang vir die beduidende bydrae wat hulle tot humanitêre en opvoedkundige programme gemaak het. Die Paul Harris Fellow-prys wat hulle ontvang het, is vernoem na die Rotariërs se stigter, ’n prokureur van Chicago, wat die organisasie in 1905 begin het.

 

Bekende ontvangers is onder meer Moeder Teresa, ’n voormalige president van die VSA, Jimmy Carter, ’n voormalige president van die Sowjetunie, Boris Yeltsin, die VN-sekretaris-generaal Javier Perez de Cuellar, en die ontwikkelaar van die polio-entstof, Jonas Salk. Plaaslik het NWU-alumna prof Thuli Madonsela, Suid-Afrika se voormalige Openbare Beskermer, al meer as een so ’n genootskap ontvang.

 

Rotary International
loof die papprojek

Dit is ons

Klik hier om meer te lees.

-BESONDERHEDE

eish! word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans, Engels en Setswana uitgegee.

Redaksie: Personeel van die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement

Ontwerp en uitleg: Karen Viljoen

Fotografie: NWU-kollegas en diensverskaffers

Vir verdere navrae/korrespondensie: Nelia Engelbrecht - Tel (018) 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za