Ten spyte van verskeie uitdagings in 2020 wat met die Covid-19-pandemie verband hou, vier die NWU nog ʼn mylpaal wat ons in ons onderrig-leer-omgewing bereik het. Assessering van studente word nou na ’n nuwe aanlyn platform geneem.

ASSESSERING

VAN STUDENTE

IS NOU AANLYN

 

Dosente het op 1 Oktober amptelik begin om die nuwe Cirrus-e-assesseringsplatform te gebruik om hulle in staat te stel om studente in ’n aanlyn omgewing te assesseer.

 

Dit volg ná ’n proses wat reeds meer as ’n jaar gelede begin het toe die NWU verskillende assesseringsplatforms ondersoek het wat plaaslik en internasionaal beskikbaar is. (Kyk tekskassie: ʼn Goeie begin.)

 

Wolkgebaseerde Cirrus loop oor van moontlikhede

 

Daar is gevind dat die Cirrus-platform die heel beste oplossing bied om aan die spesifieke onderrig-en-leer-vereistes van die NWU te voldoen.

 

“Die platform bied verskeie alternatiewe vraagtipes, is kostedoeltreffend en die deurlopende ondersteuning wat ons ontvang, is uitstekend,” sê prof Herman van der Merwe, die leier van die taakspan wat vir die implementering van die Cirrus-platform verantwoordelik is. Herman is die adjunkdekaan vir onderrig en leer in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.

 

“Die nuwe stelsel maak aantekeninge deur die assessor moontlik, verskaf pasgemaakte nasiengeleenthede, gee ’n mate van assesseringsekuriteitsmonitering en ’n vlak van analitiese verslae van die student, asook ’n komplekse reeks assesseringsinstrumente,” voeg hy by.

 

Dosente gee die groen lig

 

Terugvoer vanaf die personeel is tot dusver baie positief. Die nuwe platform bied verskeie voordele aan dosente, wat byvoorbeeld om met die druk van ’n knoppie analitiese data oor toetse en vraelyste te kan kry.

 

“Hulle kan nou ook numeriese en IT-vrae inkorporeer, iets wat voorheen moeilik was om in ’n aanlyn toets of eksamen te doen,” sê Herman.

 

Hy sê die Sentrum vir Onderrig en Leer sal op die pad vorentoe die eerste vlak van ondersteuning wees in die opleiding van dosente om doeltreffende e-assesserings te doen.

 

Die nuwe platform sal aangepas word om seker te maak dat dit goed met die universiteit se stelsels integreer. “Ons glo dat dit net die begin van groot dinge en talle verdere ontwikkelings in elektroniese assessering by die NWU is,” sê Herman.

 

Dit is nog ’n stap vir die NWU om die toekoms te betree en om die beste beskikbare tegnologie te gebruik om meer geleenthede vir personeel en ’n beter leerervaring vir studente te skep.

 

 

 

 

Meer oor die platform

 

Die Cirrus-platform is deur Cirrus in Nederland ontwikkel. Hulle het kantore in die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State van Amerika en vennote in Australië en Suid-Afrika.

 

Dit is ’n moderne, veilige en intuïtiewe platform wat ’n oplossing vir die toekoms bied om aan die NWU se vernaamste assesseringsvereistes te voldoen.

 

Die platform word bestuur deur Amazon Web Services wat die veiligheid van die data waarborg.

 

 

ʼn Goeie begin

 

Tussen Februarie en September hierdie jaar het ’n taakspan bestaande uit verteenwoordigers van die Sentrum vir Onderrig en Leer, die IT-departement, die Eenheid vir Oop Afstandsleer, die Eenheid vir Voortgesette Onderwys en al die NWU se fakulteite verskillende assesseringsplatforms ondersoek wat plaaslik en internasionaal beskikbaar is.

 

Potensiële platforms is tydens die inperkingstyd ondersoek met die doel om teen Januarie 2022 die belowendste platform – sodra dit aan al die universiteit se vereistes voldoen – ten volle te integreer.

Prof Herman van der Merwe, die adjunkdekaan vir onderrig en leer in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, is ’n voorstander van elektroniese assessering by die NWU.

Beweeg oor die foto om meer te lees.

 

’n Naatlose, gepaste ervaring

 

Prof Robert Balfour, adjunk-visekanselier vir onderrig en leer, sê die gebruik van die Cirrus-platform assesseringstipe sal vir die studente ’n naatlose ervaring wees. Dit pas ook goed by die NWU se benadering van deurlopende assessering, waarvan die waarde regdeur die tydperk van die Covid-19-ramptoestand sterk beklemtoon is.

 

“Die voordele strek egter baie verder as die Covid-19-krisis, aangesien dit studente in staat stel om aan eksamentipe-ervarings deel te neem, of hulle nou op die kampus is, of vanaf afgeleë plekke werk.”

Prof Robert Balfour, adjunk-visekanselier vir onderrig en leer.