Dr Gerhard du Plessis is die leier van die projekspan wat help om te verseker dat die werkgeïntegreerde en diensleer-bestuurstelsel (WISL-bestuurstelsel) in die fakulteite se behoeftes voorsien. Gerhard is die direkteur vir gesentraliseerde onderrig- en leerfunksies in die Sentrum vir Onderrig en Leer.

Klik op die ikone
vir meer foto's.

Klik hier om die volledige artikel oor die WISL-inisiatief te lees.

Wen veld

 

Goeie vordering is met die ontwikkeling en implementering van die werkgeïntegreerde en diensleer-bestuurstelsel (WISL-bestuurstelsel) gemaak.

 

Klik op elke blokkie om meer te lees.

 

Binne ’n kort tydperk en met talle uitdagings om te hanteer, hou die ontwikkelingspan hul oë op die eindstreep, met die wete dat hierdie stelsel oor die lang duur ’n groot voordeel vir deelnemende fakulteite met WIL- of DL-modules sal inhou.

 

Hierdie studente word aan verskillende werkplekke in verskillende dele van die land toegewys, en dit is ’n reusetaak om daarmee tred te hou, veral omdat alles met die hand gedoen word.

 

Die goeie nuus is dat die nuwe geoutomatiseerde werkgeïntegreerde en diensleer-bestuurstelsel (WISL-bestuurstelsel) tot hulle redding kom.

 

Hierdie geïntegreerde stelsel outomatiseer en bestuur die plasing van studente, en wys selfs mentors toe wat die aktiwiteite van hierdie studente evalueer.

 

Plaas WISL op hul wenslysie

 

Die NWU is reeds sedert 2016 op soek na ’n geïntegreerde oplossing om aktiwiteite in die werkgeïntegreerde en diensleer-omgewing (WIL en DL-omgewing) te bestuur en daaroor verslag te doen.

 

Die Fakulteit Opvoedkunde het in 2019 ’n dringende versoek vir ’n WIL-stelsel ingedien, aangesien dit ’n bykans onmoontlike taak geword het om die verouderde handproses te gebruik om hul studente vir praktiese onderwys te plaas.

 

Dit het gou duidelik geword dat opvoedkundestudente nie die enigstes was wat by ’n verandering kon baat nie. Gesprekke het aangedui dat verpleegkunde- en farmasiestudente ook uit so ’n geïntegreerde stelsel voordeel sou trek.

 

Uit die wegspringblokke

 

’n Tender is aan die maatskappy Matogen toegeken, en die ontwikkeling van die WISL-stelsel het in Oktober 2019 begin.

 

’n Projekspan is saamgestel om toesig oor die ontwikkelingsproses te hou. Spanlede het uit die Fakulteit Opvoedkunde, die Skool vir Verpleegkunde en die Skool vir Farmasie, Studente Akademiese Lewensiklus Administrasie en Matogen gekom.

 

Die IT-departement, veral Besigheidstelselontwikkeling en Ondersteuning, het ook ’n reuserol in die ontwikkelingsproses gespeel.

 

Stap vir stap na sukses

 

Die span het besluit om ’n gefaseerde proses te volg en eers die onmiddellike behoeftes van die Fakulteit Opvoedkunde te hanteer.

 

Verteenwoordigers van die Skool vir Verpleegkunde, die Skool vir Farmasie en die Fakulteit Ingenieurswese het ’n ogie oor verwikkelinge gehou om seker te maak dat hul spesifieke behoeftes ook in ag geneem word.

 

Nadat hierdie fase afgehandel is, het die konsultante soortgelyke ondersoeke na ander fakulteite en skole geloods.

Die NWU moet elke jaar plekke by skole, besighede en kliniese geriewe regoor die land soek vir meer as 1 000 NWU-studente wat praktiese ervaring moet opdoen voordat hulle kan kwalifiseer.

Geoutomatiseerde stelsel

VEREENVOUDIG PLASINGS

vir praktiese werk