Onder die dansers was lede van die Universiteitsbestuurskomitee soos prof Linda du Plessis (adjunk-visekanselier vir geïntegreerde beplanning en Vanderbijlparkkampus-bedrywighede), prof Daryl Balia (adjunk-visekanselier vir inligtingstegnologie en Potchefstroomkampus-bedrywighede), dr Mala Singh (uitvoerende direkteur vir mense en kultuur) en dr Sibusiso Chalufu (uitvoerende direkteur vir studentelewe).

 

Skuifel, skud, draai en klop – hierdie kollegas het tonne pret gehad toe hulle aan die universiteit se georganiseerde burgerskapsgedragprojek (Organisational Citizenship Behaviour Project) deelgeneem het.

 

Waar die nuwe projek inpas

 

Mense en Kultuur, tesame met Studentelewe, het hierdie jongste projek geïnisieer ter ondersteuning van die NWU se Kultuurprojek, wat in 2019 begin is om ons institusionele kultuur te ontleed en te herdefinieer.

 

Die huidige projek handel oor die manier waarop ons personeel en studente die waardes van die NWU deur hulle daaglikse aktiwiteite verstaan, ervaar en uitleef.

 

Hoe dans in pas is met die projek

 

“Die doel van die projek is om hoop en optimisme in die werksomgewing te vestig,” verduidelik Prue Mohoto, Mense en Kultuur se direkteur vir talentbestuur en werwing. “Deur aan die Jerusalema-dansuitdaging deel te neem, het ons die weg gebaan om goeie, prettige nuus te deel wat ons saambind.

 

“Aangesien die projek ook kyk hoe elkeen van ons ’n rol kan speel om ons institusionele kultuur te vorm, is om saam te dans ’n manier om ons uiteenlopende agtergronde te vier en ’n inklusiewe NWU-kultuur te bou waar almal tuis voel.

 

“Ons hoop dat die personeel wat deelgeneem het die gebeurtenis se positiewe tema sal uitbou en dit deur die narratief van hoop en samehorigheid met die NWU sal uitdra,” sê Prue.

Hulle sit ook hul beste voetjie voor

 

Twee ander groepe NWU-personeel het ook die Jerusalema-uitdaging aangepak. Een groep is van Studente Akademiese Lewensiklus Administrasie (SALA) op die Vanderbijlparkkampus, terwyl die ander groep uit huisouers op die Potchefstroomkampus bestaan.

 

Klik op die sirkels hieronder om na die video's te kyk.

Na vele maande wat hulle van ’n afstand af gewerk het, geniet die dansers in die video dit om mekaar van aangesig tot aangesig te sien en aan ’n vrolike gebeurtenis deel te neem. Deur met die Jerusalema-dansuitdaging by die talle groepe regdeur die wêreld aan te sluit, bou die NWU ook ons handelsmerk as ’n maatskaplik-responsiewe werkgewer van keuse vir voornemende werksoekers.

LETTERLIK

Projek oor waardes hou hulle op hul tone  –

Die genot van musiek, sang en dans bring mense bymekaar. Dit was baie duidelik toe ’n groep NWU-personeellede op die Potchefstroomkampus begin het om op Master KG se nou beroemde liedjie, “Jerusalema”, te dans.