Dit is ons

Een van die oudste en mees basiese maniere om jou gevoelens uit te druk, is deur kuns – kreatiwiteit is ’n kunsstandpunt sowel as ’n terapeutiese aktiwiteit.

 

Met hierdie vertrekpunt in gedagte, het personeel van die NWU Galery ’n aanlyn uitstalling met kunswerke van studente, personeel en alumni van die NWU saamgestel.

 

Die RACONTEUR|Covid-19 die NWU-manier-projek bevat kunswerke wat tydens die staat van inperking geskep is en die emosionele verwarring uitbeeld wat sommige mense in hierdie tyd ervaar.

 

Die woord “raconteur” verwys na ’n vaardige storieverteller – wat kunstenaars beslis is. Deur hul werk deel hulle die vrese, aspirasies en klein oorwinnings wat hulle tydens die Covid-19-pandemie ervaar het.

Elke kunswerk vertel ’n storie

Dit is een van personeellid Adelle Jerling se kunswerke wat sy tydens die staat van inperking geskep het. Sy noem hierdie collage “A new reality; A new normal”. ’n Paar van haar ander werke wat op die Covid-19-pandemie betrekking het, kan hier gesien word.

-BESONDERHEDE

eish! word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans, Engels en Setswana uitgegee.

Redaksie: Personeel van die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement

Ontwerp en uitleg: Karen Viljoen

Fotografie: NWU-kollegas en diensverskaffers

Vir verdere navrae/korrespondensie: Nelia Engelbrecht - Tel (018) 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za