Dit is ons

Die belanghebberweergawe van die NWU se Geïntegreerde verslag sal  binnekort beskikbaar wees. Klik hier vir die 2019-verslag wat by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding ingedien is.

Ons skep waarde met ’n sorgsaamheidsetiek

 

Die tema van die NWU se 2019- geïntegreerde verslag, “Waardeskepping met ’n sorgsaamheidsetiek”, handel oor die manier waarop ons ’n sorgsaamheidsetiek as kompas gebruik terwyl ons waarde vir onsself as ’n instelling en vir al ons belanghebbers skep.

 

Waardeskepping op sigself onderskei ons egter nie. Dit is die manier waarop ons hierdie waarde skep, naamlik met ’n sorgsaamheidsetiek, wat dit iets besonders maak. Ons verduidelik in die verslag hoe ons dit doen.

 

Die foto op die voorblad van hierdie verslag, wat op 28 Julie 2020 deur die Raad goedgekeur is en aan die einde van Julie aan die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding voorgelê is, versinnebeeld ons tema.

 

Die skets toon die NeuHand, ’n handrehabilitasiestelsel wat die Fakulteit Ingenieurswese ontwikkel het en ’n voorbeeld is van hoe ons ons kundigheid aanwend om vir mense waarde toe te voeg, omdat ons omgee.

 

-BESONDERHEDE

eish! word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans, Engels en Setswana uitgegee.

Redaksie: Personeel van die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement

Ontwerp en uitleg: Karen Viljoen

Fotografie: NWU-kollegas en diensverskaffers

Vir verdere navrae/korrespondensie: Nelia Engelbrecht - Tel (018) 299 4937 of Interne bussie 260

Ons skep waarde met ’n sorgsaam-heidsetiek