Die toekoms

 

Volgens Mathew sal groepopleiding in Junie voortgaan. Hierdie opleiding vir gebruikers sal op die gebruik van e-boeke, EndNote, naslaanwerk en verwysings, en plagiaat fokus.

 

“Ons moedig personeel aan om versoeke aan hul fakulteitsbibliotekarisse te stuur of ’n aanlyn bespreking op die Biblioteek- en Inligtingsdienste se webblad op die opleidingskalender te maak.

 

“Wanneer inperkingsmaatreëls dit toelaat, beplan ons ook om ons parkeer-en-aflaai-diens bekend te stel. Dit sal gebruikers toelaat om gedrukte hulpbronne deur ons aanlyn katalogus te bespreek. ’n Assistent sal dit in hul motor in ’n aangewese parkeerarea by hulle aflewer.”

 

In die toekoms sal die BIS voortgaan om streng sosialedistansiëring-maatreëls toe te pas, veral in die fisiese biblioteekgeboue op die drie kampusse.

 

“Die gesondheid van ons gebruikers en personeel is uiters belangrik vir ons en ons sal voortgaan om te help om die verspreiding van die koronavirus te beveg terwyl ons gehaltedienste aan personeel en studente verskaf.”

 

Dr Mathew Moyo is die hoofdirekteur van Biblioteek- en Inligtingsdienste.

Die toegewyde span van Biblioteek- en Inligtingsdienste (BIS) maak steeds seker dat personeel en studente met hul werk en studies kan voortgaan, met die beste ondersteuning tot hul beskikking.

 

Hoewel al die NWU se biblioteekgeboue tydens vlak 4 en 5 van die staat van inperking gesluit was, kon gebruikers steeds deur die virtuele biblioteek tot dienste toegang kry.

 

“Ons het reeds lank voor die inperking twee soorte biblioteke gehad – die virtuele of aanlyn biblioteek en die fisiese biblioteekdienste,” sê dr Mathew Moyo, hoofdirekteur van BIS. Hy voeg by dat die virtuele biblioteek die sleutel tot die voortsetting van dienste tydens die staat van inperking is.

 

Hulp is altyd byderhand

 

Mathew sê die BIS-span het talle maatreëls in plek gestel om met gebruikers te kommunikeer oor al die dienste wat aanlyn beskikbaar is.

 

Die biblioteek se webblad is aangepas om duidelike inligting oor ondersteuning, dienste en toegang tot e-hulpbronne te verskaf, met ’n aanlyn kletsdiens, LibAnswers, en gereelde vrae en antwoorde.

 

Die BIS se WhatsApp-lyn (066 028 7119) is beskikbaar en biblioteekgebruikers kan ook personeel deur middel van die Vra ons-kletskamer kontak. Alle personeel, en veral die fakulteitsbibliotekarisse, het hulle kantoortelefoonlyne na hul selfone herlei en hul nommers met gebruikers gedeel om hulp te verleen wanneer nodig.

 

Gebruikers kan personeel ook per e-pos en op sosialemediarekeninge kontak. Fakulteitsbibliotekarisse is tydens gewone werksure van 08:00 tot 16:30 beskikbaar om personeel en studente met navrae en inligting te help.

 

Virtueel is alle toegang moontlik

 

Mathew sê die virtuele biblioteek is baie meer as net ’n biblioteek. Nie net is dit alle ure van elke dag van die week beskikbaar nie, maar toegang tot alle dienste is gratis.

 

Hy moedig personeel en studente aan om voort te gaan om hule aanlyn boeke en vaktydskrifte te gebruik. Die aanlyn hulpbronne sluit ook gratis Covid-19-materiaal en  inligting in wat deur sommige van die BIS se verskaffers beskikbaar gestel is.

 

Mathew sê die tydsraamwerk vir hierdie gratis hulpbronne is vanaf Maart tot ongeveer September 2020. “Met al die hulpbronne wat ons aanlyn het en die steun wat ons verskaf, is ons boodskap aan personeel: skakel oor 'n afstand by ons in en ons sal jou beslis help.”

In die onseker tye van Covid-19, selfs toe die inperking op sy beperkendste vlak was, is daar een ding waarvan ’n mens seker kon wees: die NWU se biblioteekgebruikers het ononderbroke toegang tot dienste en bronne gehad.

Klik op die pers blokkies hier langsaan om te kyk hoe die gebruik van LibGuides en ander gewilde bronne toegeneem het.

 

Die syfers skiet die hoogte in

 

Dr Mathew Moyo, hoofdirekteur van BIS sê dit is bemoedigend om te sien in watter mate gebruikers die NWU se virtuele biblioteke benut.

 

“Toegangstatistiek vir sommige van ons dienste tydens die inperking is hoër as in dieselfde tydperk in 2018 en 2019. ’n Goeie voorbeeld hiervan is die biblioteek se webblad. Dit word dikwels gebruik, met 352 364 besoeke vanaf Maart tot die einde van Mei. Die besoeke aan die *vak-LibGuides was in sommige gevalle feitlik dubbeld dié van vorige jare.”

 

Hy sê Boloka, die NWU se institusionele pakhuis, het net in Mei 74 457 soektogte hanteer, en DaYta Ya Rona, die NWU se navorsingsdatabestuursplatform, is 776 keer besoek, en 388 items is afgelaai. Vanaf die einde van Maart tot die begin van Mei was daar 137 319 besoekers aan die databasisse van e-vaktydskrifte.

 

Biblioteekpersoneel was veral besig. Fakulteitsbibliotekarisse het 1 144 e-posse ontvang met versoeke vir aanlyn of inligtingondersteuning, asook talle foonoproepe. Mathew sê die skanderingsdiens (van inligtingsbronne wat slegs in gedrukte formaat beskikbaar is) was en is steeds gewild onder akademiese personeel wat die hulpbronne vir werk of navorsing nodig het.

 

* LibGuides is biblioteekgidse vir spesifieke vakgroepe.

 

 

  • Gewilde bronne tydens inperking

    E-Boeke is wyd gebruik tydens die eerste twee vlakke van inperking. Die toename in die gebruik van e-boek Sentraal (eBrary) was 16 484 in Mei, vergeleke met 4 991 in April 2020. Die totale e-boekgebruikstatistiek in April was 45 832, en in Mei was dit 49 273.

     

    Die naslaangidse was net so gewild, soos in die verspreidingstabel hieronder getoon word:

    Naam van gids Maart 2020 April 2020 Mei 2020
    NWU Harvard-verwysingsgids 25 010
    11 155 14 844
    NWU Regs-verwysingsgids
    4 513 3 748 3 972
    APA-verwysingsgids 1 740 1 043 2 164

    Die Harvard-verwysingsgids het die hoogste getal gebruikers aangeteken. Dit is waarskynlik as gevolg van die feit dat die meeste van die NWU se fakulteite dit gebruik.

  • Besoeke aan die vak-LibGuides

    Die doel van LibGuides is om aan gebruikers spesifieke inligting te gee oor beskikbare bronne en studiemateriaal wat op hul studiegebiede betrekking het.

    LibGuides-bladbesoeke 2018 2019 2020
    Maart 39 983
    45 226 77 857
    April
    30 542 28 963 43 212
    Mei 33 020 22 596 45 242

NWU neem biblioteekgebruikers aanlyn met

VIRTUELE BIBLIOTEEK