wat werklik ’n

'n Opvoedkundige

Dr Deon van Tonder is meer as bloot ’n opvoedkundige. Hy is ’n voorstander van professionele ontwikkeling, ’n voorspraak vir die stem van studente en ’n beskermheer van kennis.

verdien

eish! wou graag meer van die man agter die toekenning weet en het met hom gaan gesels kort nadat hy die NWU se gesogte Toekenning vir Uitsonderlike Onderriguitnemendheid (TUOU) ontvang het.

Studente sê:

Waarom verdien hy om te wen?

(Klik op die name om meer te lees.)

HOPE MONO

LEAH MABOE

“Dr Van Tonder het my geleer om in alles wat ek doen altyd na uitnemendheid te streef. As dosent wil hy altyd die beste vir ons hê, en sy voorbeeld inspireer ons om ons beste te gee.

Toe ek ʼn eerstejaar was, het ek gedink hy is baie streng.

 

Noudat ek op die punt staan om self ’n professionele onderwyser te word, verstaan ek egter die waarde van sy onderrigfilosofie en die belangrikheid van professionalisme binne die onderwyspraktyk.”

 

Hope Mono, finalejaar-BEd-student

“Ons bynaam vir dr Van Tonder was ‘The Boss’ en ek dink dit spreek vanself – ons het ontsag gehad vir hom as dosent, maar hom ook as professionele onderwyser bewonder.

 

“In ons eerstejaar het hy ons van dag een af gemotiveer om hard te werk en die beste wat ons moontlik kan, te lewer. My wens vir die toekoms is om hom trots te maak, en om dit wat hy ons geleer het in die praktyk toe te pas.”

 

 

Leah Maboe, finalejaar-BEd-student

Deon gesels met twee van sy studente, Leah Maboe (links) and Hope Mono. Hy glo in ’n oopdeurbeleid en maak tyd om al sy studente op ’n persoonlike vlak te ontmoet.

 

 

 

“Ek gee nie onderrig om ander te beïndruk nie, maar eerder om ’n blywende verskil in die lewens van my studente te maak. Ek probeer hard om een lewe per dag aan te raak, en hierdie toekenning dien as ’n aanduiding dat my toewyding vrugte afwerp.”


– Dr Deon van Tonder, wenner van die Toekenning vir Uitsonderlike Onderriguitnemendheid.

In hierdie video moedig die bekroonde dosent, dr Deon van Tonder, ander dosente aan om altyd opgewonde te wees oor hul werk en om nooit onderrig te gee net om ander mense te beïndruk nie.

Prof Linda du Plessis, adjunk-visekanselier vir beplanning en kampusbedrywighede in Vanderbijlpark, oorhandig die gesogte toekenning aan Deon.

Pak die leeravontuur met geesdrif aan

“Ons kies in die lewe almal verskillende paadjies, maar op die ou end is al wat saak maak of dit ons huis toe lei of nie. In my geval kan ek met oortuiging sê dat ek tuis is in die lesingsaal,” sê Deon.

Van verskillende paadjies gepraat, Deon het self ook ’n slag ’n ompad geneem voordat hy teruggekeer het na waar hy begin het – die onderwys.

Hy het van 1999 tot 2000 as stelselontleder vir Advanced System Technologies gewerk, maar hoewel die werk vir ’n korporatiewe besigheid uitdagend en stimulerend was, was sy hart steeds in die onderwys.

“Onderwys sal altyd my passie bly,” sê Deon, en voeg by dat hy nie vir hom ’n lewe daarsonder kan indink nie.

Dit het alles hier begin

Deon is ’n trotse alumnus van die NWU en sy verbintenis met die universiteit het begin toe hy in 1984 vir ’n BCom-graad ingeskryf het. Hy het daardie graad voltooi, asook ’n nagraadse onderwyssertifikaat (NGOS), en sy meesters- en doktorsgraad in onderwysbestuur – alles op die kampus in Vanderbijlpark.

Sy loopbaan as onderwyser het in 1989 by die destydse Hoërskool Lettie Fouché in Vanderbijlpark begin. In 1990 het Deon by die Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark aangesluit en 10 jaar later het hy die onderwys verlaat om vir twee jaar in die korporatiewe sektor te werk, waarna hy ses maande lank by ’n privaat skool in Pretoria skoolgehou het.

“Daardie ses maande was die beste van my onderwysloopbaan.” Hy verduidelik dat die skool nie die moderne onderrighulpmiddels gehad het wat baie onderwysers as vanselfsprekend beskou nie. Dit het die onderwysers gedwing om vindingryk te wees.

Reik na goud

Deon is toe na Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark, waar hy tot 2011 was. Daarna het hy ’n junior lektor by die NWU geword en deur die range op beweeg.

Vandag is hy die adjunkdirekteur van die Skool vir Besigheid en Sosiale Studies in Onderwys en ’n senior lektor in die Fakulteit Opvoedkunde – en beslis ’n uitstekende dosent, soos sy TUOU-toekenning kan getuig.

“Ek kon dit nie glo toe prof Linda du Plessis my naam aankondig nie, en vir ’n oomblik het ek gedink ek verbeel my net,” lag Deon, en voeg by dat die toekenning hom baie nederig laat voel.

Hy sê die toekenning is vir hom ’n teken van spanwerk en ’n gedeelde droom van uitnemendheid, en hy wil sy kollegas en sy studente bedank dat hulle sy hande sterk gemaak het.