Dit is ons

 

 

Wetenskaplikes soek dalk nog na ’n entstof teen Covid-19, maar NWU-student Vivien Redelinghuys het reeds agtergekom dat musiek ’n doeltreffende teenmiddel vir die angs en stres is wat mense dalk tydens die staat van inperking ervaar.

 

Vivien, ’n tweedejaar-BA-student in sosiologie en arbeidsverhoudinge, het oornag ’n sensasie op sosiale media geword.

 

Hy en ’n familievriend, Anthony Hattingh, het ’n video geplaas waarop hulle hul nuwe enkelbaanliedjie, Hallelujah of Hope, sing. Dit is deur Jeff Buckley se Hallelujah geïnspireer.

 

Klik hier om meer oor Vivien en sy veelbelowende alternatiewe rockgroep, Members of Society, te lees.

 

Vir meer oor Vivien se musiek, volg hom op Instagram by @__viv__ of op Facebook by Vivien Redelinghuys.

 

 

Op die noot van hoop

Luister na Vivien Redelinghuys en ’n familievriend wat mense daaraan herinner dat dinge beter sal raak.

-BESONDERHEDE

eish! word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans, Engels en Setswana uitgegee.

Redaksie: Personeel van die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement

Ontwerp en uitleg: Karen Viljoen

Fotografie: NWU-kollegas en diensverskaffers

Vir verdere navrae/korrespondensie: Nelia Engelbrecht - Tel (018) 299 4937 of Interne bussie 260