BESKERMINGSDIENSTE

eish! het met direkteur Des Ayob gepraat oor hoe die departement mense en eiendom beskerm.

 

Beskermingsdienste het 106 werknemers regoor die drie kampusse, en het drie hooffunksies: taktiese reaksie en ondersoeke, verkeerswetgewing en bestuur, en sekuriteitsdienste.

 

Dag en nag beskikbaar

 

Volgens Des is een van die belangrikste dienste wat die departement verskaf toegang tot en vanaf die kampusse vir alle studente en personeel. “Toegangspunte is die universiteit se eerste verdedigingslinie en ons beskou hierdie funksie in ’n baie ernstige lig.”

 

Hy voeg by dat die departement ’n 24-uur-beheerkamer het wat studente en personeel in die geval van ’n misdaadverwante of mediese noodgeval kan kontak.

 

Eerste in ’n noodgeval

 

Die departement het ’n taktiese reaksiespan wat op alle misdaadverwante en mediese sake op die drie kampusse reageer. Die reaksiespan is die eerste respondente op die toneel, selfs voordat die Suid-Afrikaanse Polisiediens of mediese hulp uitgeroep word.

 

Beskermingsdienste het ook persone wat misdaadintelligensie inwin oor wie, wat, waarom, waar, wanneer en hoe misdaad plaasvind. Hierdie inligting word dan gebruik om lede op ’n proaktiewe manier uit te stuur na geïdentifiseerde plekke waar misdaad plaasvind.

 

Dissiplinêre sake van studente en personeel word ook onder hierdie funksie ondersoek. “Beskermingsdienste tree op as ’n uitvoerende funksie wat die wet toepas – dit is nie ’n regterlike funksie nie. Ons samel net al die bewyse in,” sê Des. Hierdie bewyse word na die studente-regskantoor of werknemerverhoudinge deurgestuur, soos vereis word.

 

Verkeerswetgewing en -bestuur

 

Die departement pas al die verkeerswette op die kampusse toe en verseker dat dit nagekom word. Personeel kan ook vir Beskermingsdienste vra om parkeerplekke vir besoekers van buite te reserveer.

“Ons bied ook slotmakerdienste aan studente en personeel wat hulle uit hul kantore uitgesluit het, asook basiese hulp met motorprobleme,” sê Des.

 

Gereed om te dien

 

Verskeie senior personeellede rapporteer direk aan Des. Hulle is die afdelingshoofde Jak Jansen van Vuuren, Giel Senekal en Boitumelo Mosikare, wat almal in Potchefstroom gebaseer is, en die senior bestuurders Joseph Ntlati en Aubrey Welken, wat onderskeidelik in Vanderbijlpark en Mahikeng is.

Wanneer jy jou volgende keer in ’n noodsituasie bevind, skakel die volgende nommers:

Des Ayob

Direkteur: Beskermingsdienste

 

  • MAHIKENG

    Misdaad- en sekuriteitsverwante noodtoestande

    Gebou A1

     

    Kontaknommers:

    018 389 2277

    018 389 2167

     

  • POTCHEFSTROOM

    24-uur-beheerkamer

    Gebou F17

     

    Kontaknommers:

    018 299 2211

    018 299 2215

    018 299 1110

     

  • VANDERBIJLPARK

    24-uur-beheerkamer

    Misdaad- en sekuriteitsverwante noodtoestande

    Gebou 1

     

    Kontaknommers:

    016 910 3339

     

Jak Jansen van Vuuren

Afdelingshoof:

Misdaadinligting, Ondersoeke, Opleiding, Spesiale gebeurtenisse, Taktiese reaksiedienste

 

Giel Senekal

Afdelingshoof:
Verkeer

 

Boitumelo Mosikare

Afdelingshoof:

Sekuriteit

 

Aubrey Welken

Senior Bestuurder:  Mahikeng

 

 

Joseph Ntlati

Senior Bestuurder:  Vanderbijlpark

 

 

Beskermingsdienste

ROL AF

Of hulle personeel en studente help wat hulle sleutels in hul motors of kantore toegesluit het, of die eerstes is wat reageer wanneer daar ’n misdaad of ongeluk is, Beskermingsdienste is trots daarop dat hulle proaktief en doeltreffend is.

ROL AF

hou kampusse veilig