ROL AF

’n Kans om kragvoorsiening te stabiliseer

Olebogeng glo die twee steenkoolkragaanlegte wat tans in aanbou is, saam met sonkrag en ander bronne van hernubare energie, sal Suid-Afrika help om die kragvoorsiening te stabiliseer.

 

“In Suid-Afrika kan ons sonenergie benut om ons energievoorraad te verhoog,” sê hy. Hy voeg by dat talle huishoudings en boere – byvoorbeeld in die Noord-Kaap – reeds sonenergie gebruik. HOP-huise het byvoorbeeld ook sonkraggeisers.

 

Verder is daar reeds mynmaatskappye en ander instellings, insluitende universiteite, wat hul eie elektrisiteit met hernubare bronne opwek.

 

Die NWU-vakkundige in ekonomie op die kampus in Mahikeng, prof Olebogeng David Daw, verstaan die publiek se frustrasie. “Om die ekonomiese groei in die land te bevorder en aan die gang te hou, het ons betroubare energievoorsiening nodig,” sê Olebogeng.

 

Hy is passievol oor sy spesialisasieveld in hulpbron- en ontwikkelingsekonomie. Dit dek die areas van kragstelsel-ekonomie en ekonomiese beplanning – ’n gebied van beduidende betekenis vir Suid-Afrikaners te midde van die voortgaande kragvoorsieningskrisis.

 

Olebogeng het in 1990 as voltydse student by die voormalige Universiteit van Noordwes aangesluit, maar het toe gekies om deeltyds te studeer terwyl hy by die universiteit se finansiële departement gewerk het om sy gesin te onderhou.

 

Sy vroeë jare

 

Olebogeng, wat tans sy eerste boekaanbod finaliseer, is in Kimberley in die Noord-Kaap gebore, waar hy ook grootgeword het. Hy was die derde van vyf kinders wat deur hulle ma grootgemaak is.

 

“Nadat ek my eerste graad as deeltydse student voltooi het, het ek ’n beurs gekry om ’n MSc in ekonomiese beplanning by Wits te doen. Ek het in 1999 as dosent in die Departement Ekonomie na Mahikeng toe teruggekeer, waarna ek ’n beurs gekry het om ’n PhD aan China se South Western University of Finance and Economics te doen,” onthou hy.

 

Oor sy keuse van spesialisasie sê Olebogeng: “Ek wil beleide ontwikkel wat werkloosheid en armoede onder Suid-Afrikaners sal verlig.”

 

Olebogeng wys daarop dat die Suid-Afrikaanse regering besig is om na die deregulering van die elektrisiteitsvoorsieningsbedryf te beweeg. Die drie sektore wat gedereguleer gaan word, is opwekking, verspreiding en transmissie.

 

Hy sê die primêre doelwitte vir die deregulering en herstrukturering van die elektrisiteitsvoorsieningsbedryf is om:

 

  • Fiskale inkomste te verhoog en staatskuld te verminder (’n kritieke faktor in die lig van Eskom se R400 miljard-skuldlas)
  • Kragopwekking meer doeltreffend en koste-effektief te maak deur in nuwe kapasiteit en tegnologieë te belê
  • Geleenthede vir swart ekonomiese bemagtiging te bevorder
  • Kliëntediens te verbeter en ’n keuse van kragvoorsieners daar te stel

 

Dít, sê hy, kan slegs ná die dereguleringsproses moontlik wees.

Prof Olebogeng Daw is getroud en die egpaar het vyf kinders. Hy geniet dit om saam met vriende te kuier, aan gemeenskapsforums deel te neem, tafeltennis te speel en na ’n konstante stroom reggae- en gospelmusiek te luister.

Energievoorsiening

moet betroubaar

wees vir voorspoed

Die realiteit van beurtkrag en die uitdagings wat daarmee gepaardgaan, is nog ’n terugslag vir die reeds sukkelende Suid-Afrikaanse ekonomie. Daar kan egter dalk steeds lig aan die einde van die tonnel wees as die land sy energiesektor kan hervorm.

ROL AF

TERUG