Hierdie program, wat jou kern-krag verbeter en jou kondisioneer, is gegrond op die beginsel van hoë-intensiteit-, funksionele beweging wat voortdurend afgewissel word.

 

Tipiese sessies neem ongeveer ’n uur om te voltooi. Dit kan naellope, roei, touspring, touklim, bande-oefening, gewigoptel en verskeie liggaamsgewigoefeninge met behulp van stange, handgewigte, gimnastiekringe, optrekstawe, ketelgewigte, medisyneballe, en bokse vir boksspronge insluit.

 

Van die bank na die Boks

 

Cindy, ’n senior administratiewe assistent by Onderhoud en Fasiliteite, se CrossFit-reis het in 2012 begin. Wat haar gemotiveer het, was ’n ernstige besinning oor haar persoonlike gesondheid en lewenskragtigheid, wat haar aangespoor het om die eerste keer ’n Boks (die CrossFit-ekwivalent van ’n gim) te betree. “Ek het oor die radio van CrossFit gehoor en was dadelik nuuskierig. Ek het dieselfde dag ’n afspraak gemaak!”

 

Jackie se eerste besoek aan die Boks in 2016 was nie so aangenaam soos Cindy s’n nie. Trouens, sy het soveel stremming op haar liggaam geplaas dat sy ’n paar dae later in die hospitaal beland het.

 

“As ek nou terugkyk, weet ek ek het die beginnersfout gemaak om dit te oordoen deur nie my baie onfikse liggaam – op daardie stadium – se uithouvermoë in ag te neem nie.” Sy het egter aangehou en is vandag ’n CrossFit-bittereinder.

 

Dis alles in jou kop

 

Die CrossFit-leefstyl het ’n positiewe impak op hulle gehad, sê hulle. Benewens dat hulle nuwe vriende gemaak en fiks geword het, is die sessies terapie ná ’n harde dag se werk.

 

“CrossFit het my lewe verander,” sê Jackie, wat met depressie gesukkel het voordat sy haar fiksheidsreis begin het. “Nadat ek die gewig verloor en my fiksheidsvlakke verbeter het, het ek besef dat die brein beslis die grootste en belangrikste spier in die liggaam is.”

 

Die reis van ’n leeftyd

 

As ’n CrossFit-senior neem Cindy dikwels aan kompetisies deel om haar persoonlike rekord te verbeter. Haar toewyding aan die leefstyl het daartoe gelei dat sy in 2014 ’n eenmalige reis na Amerika gewen het om die gesogte CrossFit Internasionale Spele by te woon.

 

Wat Jackie breed laat glimlag, is dat sy meer as 30 kg verloor het sedert sy by CrossFit aangesluit het. In 2018 was sy deel van ’n nuwelingspan wat by die ACA Throwdown tydens die Arnold Classic Africa-sporttoernooi in Sandton tweede plek verower het.

TERUG

Om te sê CrossFit is net nog ’n mal manier om fiks te word en onwelkome vetjies af te skud, is om dit saggies te stel.

In September 2016 is Cindy as die V-Town CrossFit Boks se topatleet aangewys.

Fiks,

fikser,

CrossFit!

Sonder pyn en opoffering kom jy nêrens nie,

sê Jackie.

Cindy is besig met dooiegewig-optel.

Vir die gemiddelde stoelpatat lyk dit dalk na suiwer marteling, maar vir aanhangers soos Cindy Gerber en Jackie Slabbert-Redpath van die kampus in Vanderbijlpark is CrossFit ’n leefstyl eerder as ’n oefenprogram.

Cindy is besig met dooiegewig-optel (links) terwyl Jackie voorberei om optrekke te doen (middel). Regs spring Jackie tou.

ROL AF

ROL AF