Boodskap van die

ViSEKANSELIER

GEAGTE KOLLEGAS,

Namate die jaar ten einde snel, wil ek julle almal vir julle deurlopende verbintenis tot die sukses van die NWU bedank.

 

Ons het met ’n proses van herstrukturering begin sodat ons in ’n beter posisie sal wees om ons strategie te implementeer. Feitlik die hele senior bestuur is nou in plek en ons kan dus nou daarop konsentreer om ons droom en doelwitte ’n werklikheid te laat word.

 

Wat belangrik is, is dat ons ons institusionele kultuur met die eise van ons strategie moet belyn. Projekte om dit te doen, het in die personeel- sowel as die studentesfeer begin. Ek doen ’n beroep op julle almal om aan hierdie inisiatiewe deel te neem en dit te ondersteun.

 

Diversiteit, sosiale inklusiwiteit en samehorigheid sal die organisatoriese eienskappe wees wat ons in staat sal stel om sukses te behaal met die uitvoering van ons planne.

 

Ons het talle van ons beleide oor die afgelope jaar of wat hersien en hierdie beleide weerspieël en is meer belyn met ons strategie. Nogtans moet ons onthou dat ons optrede deur ons sorgsaamheidsetiek gerig moet word.

 

Ongeag wat ons beleide sê, ons moet verantwoordelikheid neem om ’n omgewing in stand te hou waar almal welkom, geïntegreerd en ingesluit voel, en dit moet deur ons waardes en etos gerig word.

 

Uitdagings in ons omgewing lê voor. Een van die grootste uitdagings is die volhoubaarheid van die befondsingsmodel vir openbare hoër onderwys in Suid-Afrika. Hoewel toegang van voorgraadse studente deur die uitbreiding van gratis hoër onderwys bevorder is, het ’n groot gaping in nagraadse befondsing ontwikkel.

 

Ons moet seker maak dat ons in die toekoms ons finansiële volhoubaarheid binne die beperkings van die befondsingsraamwerk kan verbeter. Dit mag wel ’n meer innoverende benadering tot die diversifisering van befondsing behels as wat tans die geval is.

 

Ons sal nuwe uitdagings binne ons nuwe struktuur aanpak met die wete dat die ou struktuur bloot nie volhoubaar was nie. Die universiteit se bestuurskomitee is besig om te kyk na maniere om ons bestuursmodel te versterk. Dit is om seker te maak die gebrek aan die uitklaring van rolle en verantwoordelikhede ons nie in nuttelose burokrasie en besluiteloosheid laat verval nie.

 

Laastens wil ek graag vir julle ’n welverdiende rus tydens die somervakansie toewens. Ek sien daarna uit om julle in die nuwe jaar terug te verwelkom sodat ons ons uitdagings saam kan aanpak.