READ MORE

Wel, die nuwe teleskoop by die kampus in Mahikeng openbaar nou ’n bietjie meer van ons heelal se geheimenisse.

 

Hierdie sterrewag wat onlangs geopen is, stel die publiek en veral leerders aan die verskillende konsepte van die ruimtewetenskap en -tegnologie bekend. Dit word deur uitstallings en vertonings oor astronomie, astrofisika en optika gedoen.

 

Hoe die heelal ontstaan het

 

Een van die hoofdoelwitte van die sterrewag is om vir leerders te vertel hoe die heelal ontstaan het, hoe dit ontwikkel het en hoe dit sal aanhou ontwikkel.

 

Prof Thebe Medupe, die programleier van die sterrewag, sê hy wil met skole regoor die land saamwerk sodat hulle sessies met die teleskoop kan benut. Dit sal help om belangstelling in wetenskap en tegnologie onder leerders te verhoog.

 

Die sterrewag het ’n 16-duim- Meade LX200 GPS-teleskoop. Dit word 60% van die tyd vir heldersternavorsing gebruik en stel sterrekundiges op die kampus in staat om die binnekante van sterre en hulle evolusie te bestudeer. Die res van die tyd word dit gebruik om na die publiek en skole uit te reik.

 

Die sterre op die punte van jou vingers

 

Wat die teleskoop so gebruikersvriendelik maak, is dat dit oor ’n afstand beheer kan word en leerders en onderwysers in staat stel om van enige plek in die land toegang daartoe te kry.

 

“Ek reis deesdae baie en kan vanaf ’n afstand die koepel oopmaak en die teleskoop beweeg,” sê Thebe.

 

“Al wat onderwysers nodig het, is ’n sagtewareprogram genaamd TeamViewer, wat gratis van die internet afgelaai kan word. Dan stuur ons vir hulle ons ID en wagwoord om toegang tot die teleskoop te kry.”

 

Hy sê om dit te laat werk, moet net een groep op ’n slag inteken.

 

“Ek is bereid om skole wat belangstel te besoek om hulle kortliks aan ons teleskoop bekend te stel. Ons beplan ook om ’n video te maak oor die manier waarop ’n teleskoop gebruik word.”

 

“Die moderne teleskoop op die kampus in Mahikeng bring ons nou ’n bietjie nader aan die geheimenisse wat ons heelal omring,” sê prof Thebe Medupe.

Ons kyk dikwels op na die naghemel en wonder wat lê anderkant die sterre en planete wat ons sien.

Die minister van Wetenskap en Tegnologie,

Mmamoloko Kubayi-Ngubane,

het op 7 September 2018 die sterrewag by Mahikeng geopen.

ROL AF

onthul die geheime van die heelal

ROL AF

Teleskoop