Director: Facilities
Die versekering dat die universiteit soos ’n geoliede masjien funksioneer en dat die personeel en studente toegang tot die modernste tegnologie het, verg ’n doeltreffende, vaardige IT-departement. Wees verseker dat dit – ná ’n klomp harde werk en noukeurige beplanning – presies is wat die NWU het.
Die herstrukturering van die NWU het ’n geweldige impak op die IT-departement gehad, nie net ten opsigte van sy eie nuwe struktuur nie, maar ook die veranderings aan die stelsel wat die toegewyde personeel vir amper ’n jaar lank besig gehou het. Die resultate toon dat hierdie pogings die moeite werd was.
Hoe het die IT-struktuur verander?
Volgens Boeta Pretorius, hoofdirekteur vir IT, rapporteer alle kampus-IT-departemente in die nuwe struktuur nou direk aan IT.
Potchefstroom Elektroniese Dienste is nou deel van IT as ’n institusionele diens. Oudiovisuele verantwoordelikheid is ook nou IT se werk. Nog ’n verandering is dat die personeel van die biblioteek se inligtingstelsels in die nuwe struktuur direk aan IT rapporteer.
Al hierdie veranderings het tot gevolg dat IT ’n personeelkomponent van 188 permanente poste het. “Ons is baie opgewonde oor hierdie veranderings en sal die universiteit die Vierde Industriële Revolusie binnelei,” sê Boeta.
IT neem die NWU die toekoms binne
Boeta sê hulle IT-strategie fokus op die digitale revolusie en op watter waarde dit tot die NWU se kernbesigheid kan toevoeg.
Kubersekuriteit sal in die afsienbare toekoms ’n fokus bly. Die vestiging van moderne tegnologie, goeie argitektuurbeginsels, nuwe vaardighede en ’n gedeelde visie is die kritieke suksesfaktore. Boeta sê dat dit hulle die beste IT-departement in die Suid-Afrikaanse hoëronderwysomgewing sal maak.
Afdelings almal deel van ’n fenomenale IT-span
Die NWU se IT-span bestaan nou uit agt afdelings. Hulle is Elektroniese Dienste, Mafikengkampus-afdeling; Potchefstroomkampus-afdeling; Vaaldriehoekkampus-afdeling; Besigheidstelsels; Argitektuur en Middelware; IT Bedryf en Infrastruktuur, en Akademiese en Kantooroplossings.
’n Tegnologierevolusie is aan die gang en die NWU is gereed daarvoor.
As deel van ons reeks artikels oor strukture by die NWU, kyk ons van naderby na die Inligtingstegnologie-departement (IT-departement) en hoe dit die universiteit na ’n hoëtegnologietoekoms neem.
Direkteur: Akademiese en Kantooroplossings
Ondernemingsargitek
Hoofdirekteur: IT
BOETA
PRETORIUS
MOTLOKWE
THOBEJANE
Direkteur: Vaaldriehoekkampus
PIETER
ENSLIN
CLAUDIA
PIETERSEN
Direkteur: Mafikengkampus
RIKA
NIEWOUDT
Bestuurder: Potchefstroomkampus
MARI
PRINSLOO
SHAKES
SCOTT
WILHELM
VAN BELKUM
DANIE
STOOP
Direkteur: Elektroniese Dienste
Direkteur: IT Bedryf en Infrastruktuur
Direkteur: Besigheidstelsels
ADMINISTRASIE
IT PROJEK, PROGRAM EN PORTEFEULJE BESTUURS-KANTOOR
Afdelings: Ondersteuningsdienste
Afdelings: Infrastruktuur
Afdelings: Oplossings
ROL AF
Inligtingstegnologie (IT)
IT MAAK REG
vir die Vierde Industriële Revolusie
ROL AF