Joné is meester van die spel

Geen hekkie is te hoog vir Joné Kruger, ’n tweedejaar-farmasiestudent op die kampus in Potchefstroom nie. Sy laat haar deur niks keer om akademies en op die atletiekbaan uit te blink nie.

Hierdie 20-jarige is een van die toppresterende studente in haar klas en ook die beste junior sewekampatleet in Afrika.

 

Sewekamp is ’n sport wat uit sewe gebeurtenisse bestaan: 100 m-hekkies, hoogspring, gewigstoot, 200 m, verspring, spiesgooi en 800 m.

 

Vroeg begin is half gewin

 

Dié Potchefstroom-gebore atleet het reeds as vierjarige begin tennis speel, en op die ouderdom van sewe na atletiek oorgeslaan.

 

Sedertdien het sy talle sporttitels gewen. In 2017 het sy aan die Junior Afrika Spele in Tlemcen, Algerië deelgeneem, waar sy as die Afrika Sewekamp-kampioen gekroon is.

 

Hierdie jaar het sy slegs by die heel eerste Varsity-beker meegeding. “As gevolg van ’n rugbesering kan ek nie aan enige kompetisies deelneem voordat ek ten volle herstel het nie,” sê Joné. Sy voeg by dat een van haar langtermyndoelwitte is om vir die Olimpiese Spele in 2020 te kwalifiseer.

 

Top- akademiese presteerder

 

Sy het aan die Hoërskool Potchefstroom Gimnasium gematrikuleer, waar sy met ’n gemiddelde van 86% in agt vakke geslaag het.

 

In haar eerste jaar aan die NWU het sy onderskeidings in al haar modules behaal. Nou, in haar tweede jaar, pluk steeds die vrugte van haar harde werk.

 

“Wanneer jy geniet wat jy doen, is dit werklik maklik om die beste resultate te behaal.”

Joné Kruger verteenwoordig Suid-Afrika by die Junior Afrika Kampioenskap wat verlede jaar in Algerië plaasgevind het.

TERUG

ROL AF

ROL AF

Joné