READ MORE

Dr Pieter van den Berg sê hy probeer om altyd eerlik, regverdig en objektief te wees as hy met die spelers werk.

Dr Pieter van den Berg van die Skool vir Menslike Bewegingskunde sê hoewel sukses op hierdie gebied van harde werk afhang, speel geluk en geleenthede ook ʼn rol.

Pieter, wat die Suid-Afrikaanse studentesewesspan afrig, rig ook die spanne van die Luiperds Sewes en die NWU Sewes af.

 

Afrigting is sy passie en ’n nauurse stokperdjie wat goed by sy werk as dosent by die NWU inpas. Hy is die programleier en ’n dosent in afrigtingkunde.

 

Van klaskamer na die sportveld

 

Nadat hy aan die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) studeer het, het Pieter vier jaar lank as onderwyser in Suid-Afrika en in die buiteland gewerk.

 

Hy het in 2002 as dosent teruggekeer na sy alma mater, wat teen daardie tyd die saamgesmelte NWU was.

 

Sy afrigtingsloopbaan het geblom. In 2012 het die universiteit hom as die NWU Sewes se afrigter aangestel en daardie jaar het hulle tweede in die Varsity Sport-toernooi geëindig.

 

In 2013, toe hy die Luiperds Sewes begin afrig het, het dié span die nasionale kampioenskap in Kimberley gewen.

 

In 2014 het hulle die tweede plek in die internasionale toernooi in Zimbabwe behaal, waar net die Blitzbokke sterker as hulle in die finaal was. Die Luiperds het ook by 2014 se nasionale kampioenskap ’n silwermedalje gewen.

 

Resep vir rugbyglorie

 

Pieter glo aan harde werk, goeie voorbereiding en wedersydse respek.

 

Sy raad aan spelers is om nooit te dink dat jy alles weet nie. “Jy kan dalk iets waardevols leer wat jy later in jou gewone lewe kan gebruik.

 

“Dit is ook belangrik om te onthou dat die persoon wat jy die moeilikste wen, dié een is wat nooit moed opgee nie. Wees daardie persoon – moet nooit handdoek ingooi nie.”

Dr Pieter van den Berg (met sy rug na die kamera) as afrigter in aksie. Hy sê dis belangrik om te onthou dat daar hope talent in die wêreld is. “Daar is ander wat net so doeltreffend soos ek kan afrig, en dit is waarom ’n mens moet besef dat alles wat jy bereik van geluk en geleenthede afhang.”

ROL AF

Dr Pieter van den Berg (tweede van regs) se rolmodel is die vorige hoofafrigter van die Suid-Afrikaanse nasionale span, Heyneke Meyer. Hy is ook dankbaar vir die ondersteuning van sy kollegas James Stoffberg en Mervyn Taylor, wat aan hom die geleentheid gegee het om die sewesspan af te rig.

Sukses in die rugbywêreld is vir sommige mense genoeg rede om te spog. Tog glo ’n dosent wat nou die nasionale universiteite-sewesspan afrig, dat dit beter is om beskeie te bly.

 

ROL AF