READ MORE

VIR DIE NUWE HANDLEIDING OOR KORPORATIEWE IDENTITEIT.

V: Hoe vorder julle met die implementering van die handelsmerk op die drie kampusse?

A: Sedert die instelling van ons nuwe unitêre korporatiewe kleure het ons nóú saamgewerk met die afdeling Ruimte- en Nutsdienstebestuur. Dit is om seker te maak al die kampusse gebruik die handelsmerk korrek – binne-in geboue én buite.

 

Die implementering van die handelsmerk is nog nie 100% voltooi nie, maar ons het goeie vordering gemaak.

 

V: Gaan die handelsmerk net oor visuele elemente soos die kleur en die logo?

A: Nee, dit gaan oor die hart van die NWU – wat ons as universiteit op ’n emosionele vlak aan ons belanghebbers kan bied. Met ander woorde, dit sluit daardie dinge in wat mense se siening oor ons kan vorm.

 

V: Watter meganismes het julle om die konsekwentheid van die handelsmerk te verseker?

A: Ons het onlangs ’n eerste konsep van die Handleiding oor Korporatiewe Identiteit gefinaliseer, en dit is nou op die personeel-intranet beskikbaar. Jy kan daarna kyk deur op die sirkelvormige ikoon in die pers balk hierbo te klik. (Jy sal dalk met jou personeelnommer en Novell-wagwoord moet aanteken.)

 

Daar gaan ook binnekort ’n selfdoen-handelsmerkbestuurstelsel (DYI-stelsel) wees.

 

V: Kom ons begin met die Handleiding oor Korporatiewe Identiteit. Wat is die doel daarvan?

A: Dit sê vir werknemers, studente en verskaffers hoe die handelsmerk aangewend moet word. Dit sluit onderwerpe soos die logo, die korporatiewe en fakulteitskleure, letterbeelde, besigheidskaartjies, e-poshandtekeninge, naamborde en skryfbehoeftes in.

 

V: En die DYI-stelsel?

A: Ons wil hê dat personeel en studente die handelsmerk korrek op alle dokumentasie moet gebruik. Die DIY-stelsel sal ’n aantal nuwe handelsmerktemplate vir plakkate, brosjures en e-posbaniere beskikbaar stel. Dit sal die eindgebruiker die geleentheid gee om ’n ontwerper te wees en steeds die styl van die universiteit eenvormig te hou.

 

V: Waarom is konsekwentheid so belangrik?

A: Boodskappe wat verskil, sal ons belanghebbers verwar.

 

Ons moet dieselfde onderskeidende NWU-voorkoms en gevoel gebruik en dieselfde boodskappe oordra. Dit sal ons belanghebbers help om ons universiteit van ons mededingers te onderskei en dat hulle ʼn positiewe siening van die NWU het.

 

ʼn Voorbeeld is hoe ons die NWU se vyf handelsmerkeienskappe deurlopend in ons boodskappe gebruik.

 

Die eienskappe sluit in akademiese uitnemendheid, lewendige studentelewe, relevante gegradueerdes, maatskaplike responsiwiteit en waardegedrewenheid.

 

Ons bevorder dit op verskillende kommunikasiekanale om te verseker dat die NWU-handelsmerk en alles waarvoor dit staan voorop in ons belanghebbers se gedagtes is.

 

Vir meer inligting oor die NWU-handelsmerk, kan jy ’n e-pos vir ilse.beyers@nwu.ac.za of musa.zanempi@nwu.ac.za stuur.

Die handelsmerkspan het goeie vordering gemaak met die implementering van die handelsmerk op die kampusse en sal voortgaan om dit in fases aan te pak.

Klik op die video hieronder om na ’n onlangse TV-advertensie te kyk wat die eienskappe van die handelsmerk uitbeeld.

ROL AF

en propageer

pers

HOU BY DIE HANDELSMERK

HOU BY DIE HANDELSMERK

Pers is pers … is pers. Rêrig? Wat van lila? Of mauve. Violet. Laventel. Draai jou kop nou behoorlik? Moenie vrees nie, hulp is naby – in die vorm van leiding en bystand van ons NWU-handelsmerkspan.

FOKUS OP

Eish! het met Ilse Beyers, bestuurder van Bemarkingskommunikasie en Handelsmerk, gesels oor die implementering van ons handelsmerk, wat die NWU se nuwe primêre kleur, pers, insluit.

 

Ons het haar ook gevra hoe die Handleiding oor Korporatiewe Identiteit – wat onlangs gefinaliseer is – kan help dat die universiteit se handelsmerk konsekwent toegepas word.

ROL AF

 

KLIK

HIER