’n Profeet word nie in sy eie land geëer nie, lui die spreekwoord. Dit is in ’n mate ook by die NWU waar.

 

Ons kom elke dag werk toe, sit agter ons lessenaars of staan voor ’n groep studente. Ons doen dit dikwels sonder om te besef wat hierdie plek wat ons ons “werktuiste” noem, bereik.

 

Kom ons kyk na ’n paar van hierdie prestasies. Eerstens is die NWU een van die topvyf innoverende universiteite in Suid-Afrika.

 

Daarby het ons aan die einde van verlede jaar Suid-Afrika se arbeidsmark versterk deur nie minder nie as 16 004 gegradueerdes tot die arbeidsmag te voeg. Van hulle het 235 doktorsgrade en 813 meestersgrade verwerf.

 

Om meer oor die NWU se suksesse te leer, kyk na die video regs. Tel dan jou kop op. Wees trots. Jy het rede om te wees: jy het ’n bydrae tot hierdie prestasies gelewer.

 

 

Gestruktureer vir sukses

Dit is ons:

-BESONDERHEDE

Redaksie:

Personeel van die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement

Ontwerp en uitleg: Karen Viljoen

Fotografie: NWU-kollegas en diensverskaffers

Vir verdere navrae/korrespondensie:

Nelia Engelbrecht - Tel (018) 299 4937 of

Interne bussie 260

Eish! word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans, Engels en Setswana uitgegee.