READ MORE

Sukses begin met ’n

Armoede kan oorkom word en navorsers by die NWU het ’n manier gevind om dit te doen: die geheim is die LIFEPLAN®-program.

 

Hierdie program is vroeër vanjaar bekendgestel om fasiliteerders by nieregeringsorganisasies (NRO’s) en gemeenskapsontwikkelingsorganisasies met vaardighede toe te rus wat hulle met gemeenskappe kan deel. Dit sal gesinne help om selfonderhoudend te word en sal armoede en maatskaplike kwessies trompop aanpak.

ROL AF

(lewens)plan

 

Die fokus van die LIFEPLAN®-bekendstelling was “’n Persoonlike ontwikkelingsreis – my reis, jou reis, ons reis”. Daar was drie werkswinkels, gevolg deur ’n webinaar met befaamde sprekers soos prof Andrew Robinson, prof Petra Bester, prof Lanthe Kruger en Christelle Liversage.

Beweeg oor die tekskassie hieronder om meer te lees.

 

 

LIFEPLAN® herstel waardigheid

 

Christi sê een van die belangrikste gevolge van die LIFEPLAN®-program is dat dit mense se waardigheid herstel. “Ons het gesien dat selfvertroue met waardigheid gepaardgaan. Dit stel mense in staat om hulle volle potensiaal te bereik. Dit help veral vroue om sosiale grense te oorbrug en suksesvolle entrepreneurs en verantwoordelike burgers te word.”

 

Sy verduidelik dat dit nie altyd by die eerste geslag is waar die effek van die program soos LIFEPLAN® gesien kan word nie.

 

“Soos ek gesê het, gaan dit alles oor die oordrag van vaardighede. Hierdie vroue deel hulle vaardighede met hul mans en kinders en ons het gesien dat dit gewoonlik die volgende geslag is wat werklik die voordele van die program ervaar. Dit is presies waaroor LIFEPLAN® handel: die bemagtiging van gesinne en hul gemeenskappe wat verandering vir die daaropvolgende geslagte bring.”

 

 

 

 

Hoe werk LIFEPLAN®?

 

Die program behels lesings en aktiwiteite wat kennis bou en interpersoonlike vaardighede en vertroue bevorder deur kontak en deur te deel. Dit bou ook denk- en beplanningsvaardighede, motivering en ’n verbintenis tot optrede.

 

Die aktiwiteite van die program is aanbiedings, interaktiewe sessies en besprekings wat fokus op die mobilisering van deelnemers om deel te neem en saam te werk.

 

 

 

 

LIFEPLAN® is ’n holistiese benadering tot persoonlike ontwikkeling. Hierdie opleidings- en bemagtigingsprogram is die inisiatief van die Afrika-eenheid vir Transdissiplinêre Gesondheidsnavorsing (AUTHeR) by die Fakulteit Gesondheidswetenskappe.

 

Dr Christi Niesing, bestuurder van die program, sê hierdie program wil deur menslike ontwikkeling en opleiding in lewensvaardighede die verligting van armoede onder die mees kwesbare mense aanpak. LIFEPLAN® se doel is om gemeenskappe en gesinne se welsyn te verbeter, nie net ten opsigte van gesondheid en voeding nie, maar ook ten opsigte van keuses. “Dit is een van die eerste geslaagde transdissiplinêre projekte van AUTHeR en ons is baie trots daarop.”

 

Navorsers van verskillende dissiplines binne AUTHeR was deel van die navorsing. Hulle vakgebiede sluit voeding, maatskaplike werk, sielkunde, fisiologie, verpleegkunde, verbruikerswetenskappe, ekonomie en tegnologie in.

 

“Ons by AUTHeR glo dat ware volhoubaarheid plaasvind wanneer vaardighede oorgedra word. Dit is presies wat tydens hierdie program plaasvind.”

 

Christi sê 15 fasiliteerders word in Augustus met LIFEPLAN® opgelei en bemagtig om lewensveranderende vaardighede aan gemeenskappe in Noordwes te leer. Hierdie fasiliteerders is die sentrale figure om leer deur interaksie en deelname moontlik te maak.

 

Waar dit begin het

 

Christi verduidelik dat LIFEPLAN® uit die NWU se Holding Hands-projek gebore is. Hierdie projek het aan vroue vaardighede verskaf om hul eie inkomste te genereer. Dit het aanvanklik hoofsaaklik op die vroue van plaaswerkers gefokus.

 

“Die veronderstelling is dat as ’n gesin ’n beter inkomste het, hulle beter oorkoepelende gesondheids- en volhoubaarheidskeuses kan maak omdat hulle dit sal kan bekostig.”

 

Ongelukkig het ander faktore, soos die misbruik van alkohol – wat die huishouding nou kon bekostig – in sommige gevalle na vore gekom. “Ons het besef dat dit belangrik is dat ’n vaardigheidsontwikkelingsprogram deel moet wees van ’n program om inkomste te genereer sodat ons verantwoordelike burgerskap kan bevorder.”

 

Ontwikkeling het in 2004 begin en die program is in 2008 bekendgestel. Hierdie weergawe is in 2012 hersien en die nuutaangepaste weergawe het vanjaar afgeskop. Die basis van LIFEPLAN®, ’n persoonlike ontwikkelingsreis, het dieselfde gebly, maar die teikengroepe het verander om NRO’s in te sluit.

 

Deelnemers het reeds begin om die vrugte daarvan te pluk. Christi sê ’n teikengroep van 30 werklose mense van die gemeenskap van Ganspan in Jan Kempdorp is tydens die vorige weergawe van die program gekies om by ’n tydelike glasherwinningsprojek te werk. Nadat hulle LIFEPLAN® voltooi het en deel geword het van die inkomstegenererende gemeenskapsprojek, het 27 van hierdie werkers formele werk gekry.

TERUG