READ MORE

Ons haal ons hoede af vir almal wat die afgelope ses maande so hard gewerk het: ons is baie trots op julle.

 

Hoede was op die agenda van almal wat die halfjaarfunksie vir personeel op die kampus in Vanderbijlpark bygewoon het, waar die tema “Mad Hatters” tot hope pret en plesier gelei het.

vir personeel by halfjaarfunksie

Haal

ROL AF

Die gaste moes ’n hoed dra wat hul nuwe posbeskrywing verteenwoordig of die verandering van hul vorige posbeskrywing aandui ná die onlangse herstruktureringsproses. Die personeel het nie teleurgestel nie – hulle het die uitdaging geesdriftig aangegryp en die spreekwoordelike hoed opgesit wat hulle nou by die werk dra.

 

Die funksie het begin met ’n toespraak deur prof Linda du Plessis, die gasvrou en adjunk-visekanselier vir beplanning en kampusbedrywighede in Vanderbijlpark. Sy het ’n harde hoed opgehad wat by die konstruksietema van haar toespraak gepas het.

 

Ons dra almal harde hoede

 

Linda het gesê die strategiese herposisionerings- en herstruktureringsproses is amper soos om op ’n groot konstruksieterrein te werk. Hoewel ons almal met verskillende aspekte van die besigheid besig is, bou ons almal aan die pad na dieselfde einddoel: Om ’n internasionaal-erkende universiteit in Afrika te wees wat bekend is vir betrokke wetenskapsbeoefening, maatskaplike responsiwiteit en ’n sorgsaamheidsetiek.

 

Hierdie middag het werklik die harde werk en inspanning van personeel gevier, met nie minder nie as 22 kollegas wat langdienstoekennings ontvang het.

 

Die pret en plesier het met die hoedeparade begin toe die beste dames- en manshoede vir die dag aangewys is.

 

Krone vir die beste hoedemakers

 

Emile Hoffmann van die van die van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe was die beste manlike hoedemaker met ’n hoed wat hy van kantoorrekkies en drie penne gemaak het!

 

Poppy Narenti van Korporatiewe Verhoudinge en Bemarking is as die beste vroulike hoedemaker gekies met ’n hoed wat haar rol as administrateur van die korporatiewe klerestoor uitgebeeld het. Albei kollegas het NWU-kappiebaadjies gewen wat hulle onselfsugtig aan behoeftige studente geskenk het.

 

Lekkerluister-liedjies

 

Die hoogtepunt van die dag was sekerlik die Candy Shoppe-kunstenaars, met Andy Klee wat gesing het en Cathy del Mei wat die saksofoon bespeel het. Met interessante helderkleurige uitrustings aan het hulle ou klassieke liedjies opgetower, almal met ’n lekkergoedtema.

 

Terwyl hulle liedjies gesing het soos “The Candyman can”, “Sweet Child of Mine”, “Lollipop” en “Sugar, sugar”, het hulle allerhande soorte lekkers aan die opgewonde gehoor uitgedeel.

 

Die middag is afgesluit met ’n heerlike middagete en die Candy Shoppe-musikante wat teruggekeer het vir nog lekker luisterliedjies – hierdie keer met aanddrag aan. Kollegas en vriende het om die tafels gesit en die musiek en die uitsig op die Vaalrivier geniet en só ’n produktiewe eerste semester van 2018 op ’n hoë noot afgesluit.

 

TERUG