Hulle woorde skilder ’n prentjie van die NWU

Dit is ons:

-BESONDERHEDE

Redaksie:

Personeel van die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement

Hoe sal jy beskryf wat die NWU vir jou beteken – met slegs een woord?

 

As deel van ’n veldtog om die NWU se handelsnaam te bevorder, het die sosialemediaspan onlangs ’n kort video saamgestel waarin studente die NWU met een woord beskryf.

 

“Ons wou vir ander mense wys wat ons studente van die NWU dink,” sê Jimmy Pressly, ’n sosialemediaspesialis van Bemarking en Studentewerwing.

 

Daar was goeie terugvoer op die video, wat hulle aanlyn gepubliseer het. “Die video is 15 000 keer gekyk, meer as 21 keer gedeel, en daar was 200 reaksies soos ‘like’, ‘love’ en ‘wow’,” sê Jimmy.

 

Hulle het studente ook op die verskillende NWU-sosialemediaplatforms gevra om woorde in te stuur waarmee hulle die NWU sou beskryf.

 

’n Paar van die woorde wat hulle aanlyn ontvang het, was voorspoed, eenheid, tuiste, diversiteit, ontspanning, innoverend en pret.

 

Klik op die video links om uit te vind watter woorde ons studente gebruik om ’n prentjie van die NWU te skilder.

 

Julle is ook welkom om die woord wat julle as personeel dink die NWU die beste beskryf aan ons te stuur. Julle kan die woord aan ons redaksiespan stuur by nelia.engelbrecht@nwu.ac.za.

 

 

Ontwerp en uitleg: Karen Viljoen

Fotografie: NWU-kollegas en diensverskaffers

Eish! word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans, Engels en Setswana uitgegee.

Vir verdere navrae/korrespondensie:

Nelia Engelbrecht - Tel (018) 299 4937 of

Interne bussie 260