READ MORE

ten volle wil

LUISTER AS JY

verstaan

 

Die geboorte van 'n simposium

 

Die Outisme Simposium het ontstaan ná ’n vergadering in 2015 om die gebrek aan dienste, tydige diagnoses, en doeltreffende intervensie vir kliënte in Noordwes te bespreek. Hierdie vergadering het verskeie rolspelers betrek en almal het ingestem om hulle tyd en kundigheid daaraan te wy om ’n sentrale hulpbrondiens vir opvoeders, gesondheidskundiges en ouers te vestig.

 

Die Outisme Simposium 2016 en die Outisme Assesseringseenheid was die eerste samewerkingsinisiatiewe van die Instituut vir Sielkunde & Welstand. Die simposium het sedertdien jaarliks gegroei, met 212 afgevaardigdes wat dit hierdie jaar bygewoon het, nadat dit in 2016 met 69 afgevaardigdes begin het en 149 afgevaardigdes in 2017 gehad het.

 

Vir meer inligting, kontak die Instituut vir Sielkunde & Welstand by 018 299 1737 of e-pos IPWinfo@nwu.ac.za.

 

 

Beweeg oor die foto's om meer te lees.

“Die vermoë om te luister is noodsaaklik vir kundiges en gesondheidsorgverskaffers as hulle mense en hul gesinne wat met outismespektrumversteuring (ASD) saamleef, ten volle wil verstaan.

 

“Deur te luister sal kundiges in staat wees om die regte inligting in spesifieke situasies deur te gee sodat die lewens van individue wat op die ASD-spektrum leef, verbeter kan word.”

 

Hanlie Degenaar, spraak- en taalterapeut by die NWU, sê dit was een van die belangrikste aspekte wat tydens die derde Outisme Simposium van die NWU se Instituut vir Sielkunde & Welstand en Outisme Suid-Afrika (a;)SA) beklemtoon is.

 

Tydens die geleentheid, wat oor twee dae gestrek het en op 25 Junie op die NWU se kampus in Potchefstroom begin het, het kundiges, navorsers, individue en hul gesinne wat met ASD saamleef, gesondheidsorgverskaffers, onderwysers, maatskaplike werkers en akademici die kans gehad om inligting oor verskillende belangrike sake te ontvang.

 

Afgevaardigdes het ook praktiese inligting ontvang wat op die verbetering van die daaglikse lewe gerig is. Onderwerpe het gestrek van die belangrikheid van gesinsroetine en die bestuur van slaapprobleme tot hoe om leerhindernisse te oorkom, meisies op die spektrum, geletterdheidsontwikkeling en intervensiestrategieë. Daar was ook ’n insigryke aanbieding oor dramagroepe wat tieners en kinders met ASD betrek.

 

Dr Kobus du Plooy van die Instituut vir Sielkunde & Welstand was die seremoniemeester.
Prof Alida Herbst, direkteur van die Skool vir Psigososiale Gesondheid, het die simposium geopen.
Hanlie Degenaar was een van die aanbieders by die simposium. Sy is ’n spraak- en taalterapeut by die Instituut vir Sielkunde & Welstand.

ROL AF

ROL AF

Klik op opskrifte hieronder om meer te lees.

Meer oor ASD

10 beginsels vir interventsie

Meer oor ASD

 

Outismespektrumversteuring (ASD) is ’n neuro-ontwikkelingsversteuring.

 

Mense met ASD kan kommunikeer, op mekaar reageer, optree en leer op maniere wat van dié van die meeste ander mense verskil. Die leer-, denk- en probleemoplossingsvermoëns van mense met ASD kan wissel van begaafd tot ernstig ingekort. Sommige mense met ASD het baie hulp en intensiewe intervensie nodig, terwyl ander lae steun nodig het. Mense met ASD kan ook betekenisvolle bydraes lewer op gebiede wat vir hulle van spesiale belang is, aangesien hulle die neiging het om unieke, innoverende perspektiewe te hê

 

 

Tien beginsels vir intervensie

 

Prof Petrus de Vries van die Sentrum vir Outismenavorsing in Afrika by die Universiteit van Kaapstad was die hoofspreker op die eerste dag.

 

Hy het 10 intervensiebeginsels vir ASD beklemtoon. Dit het ingesluit omvattende assessering om omvattende intervensie te rig, die feit dat geen enkele intervensie vir almal sal werk nie, die belangrikheid van akkommodering en die bou van vaardighede deur die kernprobleme van ASD, en die belangrikheid daarvan om op die gesin te fokus.

 

Hy sê vroeë intervensie is noodsaaklik. Dit is ook belangrik om die betekenis van gedrag te verstaan en bewysgebaseerde intervensies toe te pas. Hy het die waarde van oueropvoeding en -opleiding saam met naturalistiese ontwikkelingsgedragsintervensies beklemtoon.

TERUG