>

LEES MEER

>

Beleide in die werkplek is van kritieke belang wanneer aanspreeklikheidskwessies ter sprake is. Hulle rig die optrede van individue, sit die standaarde uiteen wat van werknemers verwag word, en help om ’n konsekwente en duidelike reaksie van die arbeidsmag regoor die instelling te verseker.

hou ons almal op dieselfde bladsy

Kommunikasie en

HANDELSMERKBELEID

In hierdie artikel bekyk ons die pas hersiene kommunikasie- en handelsmerkbeleid van die NWU.

 

Louis Jacobs, direkteur van korporatiewe kommunikasie, sê die hersiene kommunikasiebeleid kombineer nou vier voorheen afsonderlike beleide (oor krisiskommunikasie, aanlyn publikasies, sosiale media en die mediabeleid). Die resultaat is ’n enkele, gekonsolideerde beleid waartoe personeel en studente makliker toegang kan kry.

 

Wat die beleid dek

 

Die mediaprotokol soos vervat in die nuwe beleid dek prosesse en raamwerke vir optimale verhoudings met die media en die bevordering van die NWU se openbare beeld.

 

Louis sê die krisiskommunikasieplan is ’n praktiese gids om te gebruik indien ’n voorval plaasvind wat beduidende ontwrigting van die universiteit se aktiwiteite kan veroorsaak en moontlik tot langtermynskade kan lei.

 

“Die beleid oor sosialemediaplatforms moet deur alle personeel en studente nagekom word, aangesien talle oortredings plaasvind en dit tot dissiplinêre optrede kan lei.”

 

Hy sê die NWU besef die belangrikheid en voordele van kommunikasie deur middel van sosiale media. Dit is ’n kragtige medium om nuus aan die universiteitsgemeenskap oor te dra. Die gebruik van sosiale media moet egter ooreenstem met die NWU se plig om die waardes van die Grondwet van die land te beskerm en te bevorder.

 

Volg die riglyne

 

“Die sosialemediaraamwerk bevat die minimum standaarde en riglyne wat personeel en studente moet navolg wanneer hulle namens die NWU op sosialemediaplatforms deelneem. Dit is ook op privaat of individuele sosialemediarekeninge van toepassing wanneer jy die NWU betrek,” sê Louis.

 

“Die beleid dek ook aanlyn publikasies en sit die NWU se teenwoordigheid op die internet ter ondersteuning van die kernbesigheid van die universiteit uiteen, terwyl daar in die behoeftes van sy belanghebbers voorsien word. Dit verduidelik verder die rol en verantwoordelikhede van die betrokke rolspelers, sowel as die rol van inligtingstegnologie (IT) en regsdienste.”

 

 

Wat is ’n handelsmerkbeeld?

 

Theo Cloete, direkteur vir bemarking en studentewerwing, sê ’n handelsmerkbeeld is die totale indruk van die universiteit wat ʼn persoon in sy gedagtes het. Die wese van die NWU se handelsmerkposisie word in die volgende eienskappe oorgedra:

 

  • Akademiese uitnemendheid
  • Sosiale responsiwiteit
  • Lewendige studente
  • Relevante graduandi
  • Waardegedrewenheid

 

’n Dokument om leiding te gee

 

Die hersiene beleid sluit die vertolking en toepassing van die handelsmerk, die beeld en reputasie van die NWU deur middel van die implementering van ’n korporatiewe identiteitshandleiding in.

 

Hierdie handleiding neem verwante doelwitte soos nakoming van regulasies ten opsigte van korporatiewe identiteit, visuele taal, fotografiestyl en kreatiewe konsepte in ag, wat baie belangrik is vir die goeie beheer en doeltreffende bestuur en administrasie van die universiteit.

 

Dit alles moet die handelsmerkeienskappe in alle visuele en geskrewe toepassings oordra.

Theo sê die beleid bevat ook die reëls vir die gebruik van die handelsmerk, handelsware-aanbieding, studenteverenigings en koshuise, asook gesamentlike handelsmerkgewing.

Raad keur hersiene beleide goed

 

Die NWU hersien gereeld sy beleide om by veranderende behoeftes en regulatoriese vereistes aan te pas. Die NWU-Raad het gevolglik by sy vergadering op 28 Maart agt hersiene beleide goedgekeur:

 

  • Hersiene beleid oor die bevordering van akademiese personeel
  • Biblioteek- en inligtingsdienstebeleid
  • Toelatingsvereistes vir alle voorgraadse programme wat in 2019 aangebied word
  • Gedragskode vir Raadslede
  • Grondwet van die NWU-Konvokasie
  • Handelsmerkbeleid
  • Kommunikasiebeleid
  • Hersiene reëls van die Institusionele Forum

Theo Cloete is die direkteur vir bemarking en studentewerwing.

Louis Jacobs is die direkteur vir korporatiewe kommunikasie.