>

>

REDAKSIONEEL

KLIK OM MEER TE LEES

So lyk jul kommunikasiebehoeftes

Beste kollegas,

 

Ons het verlede jaar ’n opname gedoen om uit te vind wat ons personeellede se voorkeure ten opsigte van interne kommunikasie by die NWU is.

 

Van die resultate het vir ons gewys watter onderwerpe julle relevant vind en waarvan julle meer wil weet. Dit is (van die meeste tot die minste relevant) algemene kennisgewings, interne opleiding en ontwikkeling van personeel, belangrike gebeure, kampusnuus, boodskappe van die visekanselier, beleide, en die implementering van nuwe strategieë en strukture.

 

Kom ons kyk van naderby hoe hierdie onderwerpe in die verskillende kommunikasiekanale by die NWU, en veral in die Eish! gedek word.

 

Algemene kennisgewings:

 

  • @nwu, wat elke Dinsdag en Vrydag deur middel van e-pos uitgestuur word
  • Elektroniese nuusbriewe soos Neem kennis, Dringend en Van die visekanselier (word uitgestuur wanneer nodig)

 

Geleenthede vir opleiding en ontwikkeling:

 

  • Personeelopleiding@NWU, ’n elektroniese nuusbrief wat deur Mense en Kultuur uitgestuur word
  • NWU-Wellness, ’n elektroniese nuusbrief wat deur die NWU Welstandskantoor uitgestuur word, en wat ook soms ander soorte personeelontwikkeling dek, byvoorbeeld hoe om tyd of stres by die werk te bestuur.
  • Eish! gee ook ’n oorsig oor opleidings- en ontwikkelingsgeleenthede en verskaf terugvoer ná werkswinkels.

 

Belangrike gebeurtenisse en kampusnuus:

 

  • NWU aan die voorpunt, ’n elektroniese nuusbrief wat elke Donderdag per e-pos uitgestuur word.
  • Eish! doen ook verslag oor gebeure wat plaasgevind het, byvoorbeeld die artikel oor die 2017 Indaba in hierdie uitgawe.
  • BUAtv, ’n kommunikasiekanaal wat die prestasies van ons personeel, studente en alumni toon, word verskeie keer per jaar per e-pos aan julle gestuur.

 

Boodskappe van die visekanselier:

 

  • Eish!
  • Van die visekanselier, ’n elektroniese nuusbrief wat uitgestuur word wanneer die visekanselier iets op ’n spesifieke tyd wil kommunikeer.

 

Beleide:

 

  • NWU-webwerf
  • Eish!, byvoorbeeld in hierdie uitgawe se “Fokus op”-artikel.

 

Implementering van nuwe strategieë en strukture:

 

  • Eish!, byvoorbeeld die artikel wat die struktuur en funksies van die Studente Akademiese Lewensiklus Administrasie (SALA) in hierdie uitgawe verduidelik.
  • Ander elektroniese nuusbriewe dra gereeld nuus oor hierdie belangrike onderwerp oor.
  • Jy sal ook op die personeel se intranet ’n toegewysde bladsy, genaamd NWU-herstrukturering, kry wat al die relevante inligting en dokumentasie oor hierdie saak bevat.

 

Waarop dit neerkom, is dat ons, die lede van die redaksiespan, hier is om aan al jou kommunikasiebehoeftes te voldoen. Klik asseblief op die ikoon in die boonste regterkantste hoek van hierdie bladsy en laat ons weet wat jy graag in Eish! wil lees. Dit is per slot van rekening JOU personeelnuusbrief.

 

Ons sien daarna uit om van jou te hoor.