>

>

LEES MEER

met media is die moeite werd

Daar is mense wat sê

“jou netwerk is jou netto waarde”.

Die waarde van netwerke het na vore gekom by twee netwerksessies wat die NWU onlangs gehou het om sy verhouding met joernaliste van verskeie mediahuise verder te versterk.

 

Die eerste geleentheid is op 25 Oktober in Pretoria gehou, waar die NWU met die Nasionale Persklub saamgewerk het en joernaliste van die gedrukte, digitale en uitsaaimedia betrek het.

 

Sprekers by die geleentheid wat die NWU verteenwoordig het, was Clement Manoko, uitvoerende direkteur vir korporatiewe verhoudinge en bemarking, prof Albert Helberg van die Fakulteit Ingenieurswese op die kampus in Potchefstroom, en prof Herman van der Merwe, Adjunkdekaan: Onderrig en Leer van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.

 

Clement het die media oor die nuwe struktuur van die universiteit en die universiteitsgeld vir 2018 ingelig, en gepraat oor die fenomenale mense wat die instelling al opgelewer het. Herman het die joernaliste ingelig oor die manier waarop die universiteit daarop fokus om entrepreneurs te bemagtig, en Albert het die joernaliste bedank dat hulle die sonkragmotor-inisiatief soveel blootstelling gegee het.

 

NWU se visekanselier bedank joernaliste

Prof Dan Kgwadi, die NWU se visekanselier, het op 3 November lede van die media by ’n plaaslike netwerksessie op die kampus in Potchefstroom toegespreek.

 

Prof Dan het begin deur die joernaliste te bedank vir die verhoudings wat hulle met die universiteit opgebou het. Hy het in besonderhede verduidelik hoe die NWU sedertdien met die nuwe struktuur van ’n federale na ’n unitêre model beweeg het.

 

Hy het ook kortliks verwys na die getal studente wat reeds geregistreer het om in 2018 aan die NWU te studeer, en oor die universiteitsgelde en die NWU se nuwe handelsmerkidentiteit gepraat.

 

Oor die netwerkgeleenthede sê Clement: “Die NWU waardeer al die blootstelling en voortgesette ondersteuning van lede van die media. Ons sien uit na ’n wonderlike samewerkingsverhouding in 2018.”