Die NWU het op 6 Oktober in Sandton sy topalumni by ’n toekenningseremonie vereer. Hierdie jaar se toekenningseremonie het die gesogte NWU Leeftydprestasietoekenning ingesluit en ook erkenning gegee aan ʼn NWU-alumna wat in 2017 in die internasionale arena presteer het.

van sy alumni-oes

room

NWU vereer die

Mej Suid-Afrika is ʼn NWU-ambassadeur

 

Mej Suid-Afrika, Demi-Leigh Nel-Peters, is die ontvanger van hierdie jaar se NWU Ambassadeur-toekenning vir die verteenwoordiging van die universiteit en Suid-Afrika in die internasionale arena.

 

Sy volg in die voetspore van verlede jaar se ontvangers van Ambassadeur-toekennings wat Caster Semenya, Sunette Viljoen, Willem Coertzen, Elroy Gelant, Terseus Liebenberg en Jean Verster ingesluit het.

 

Die gesogte NWU-alumnitoekennings is vanjaar vir die vyfde keer oorhandig. Die gesogte Leeftydprestasietoekenning het gegaan aan die voormalige rektor van die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO), prof Tjaart van der Walt.

Prof van der Walt het van 1977 tot 1987 in hierdie hoedanigheid gedien. Hy het in 1951 ’n BA-graad aan daardie universiteit verwerf. Dit is die derde keer dat hierdie gesogte toekenning ter erkenning van buitengewone prestasies toegeken word. Vorige ontvangers sluit die voormalige president, mnr FW de Klerk, en die voormalige visekanselier van die NWU, dr Theuns Eloff, in.

Ander bekende alumni wat vereer is, sluit ’n kulturele leier, ’n suksesvolle entrepreneur, bekende teoloog, baanbreker in opvoedkunde, ’n dinamiese regsman, ’n geëerde navorser, buitengewone joernalis en ’n afrigtingskundige in. (Sien tekskassie hier langsaan.)

Beweeg oor teks om meer te lees.

Klik op die name om meer te lees.

Die wenners is ...

  • Prof Tjaart van der Walt

    Prof Tjaart van der Walt, voormalige rektor van die PU vir CHO en buitengewone leier, Leeftydprestasietoekenning (klik hier om meer te lees).

  • Dr Frits Kok

    Dr Frits Kok, kulturele brugbouer en invloedryke lid van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV), Kuns en Kultuur-toekenning (klik hier om meer te lees).

  • Tamsanqa Manzi

    Tamsanqa Manzi, suksesvolle entrepreneur en werkskepper, Gemeenskapsbetrokkenheid-toekenning (klik hier om meer te lees).

  • Prof Koos van Rooy

    Prof Koos van Rooy, teoloog, sendeling en Bybelvertaler, Gemeenskapsbertrokkenheid-toekenning (klik hier om meer te lees).

  • Prof Kobus Pienaar

    Prof Kobus Pienaar, skrywer en hoogs aangeskrewe kundige in opvoedkunde, Opvoedkunde-toekenning (klik hier om meer te lees).

  • Dr Sejako Senatle SC

    Dr Sejako Senatle, SC, gemeenskapsprokureur en dinamiese regspersoon, Openbare Diens-toekenning (klik hier om meer te lees).

  • Prof Rudi van Eldik

    Prof Rudi van Eldik, geëerde navorser en wetenskaplike, Navorsingstoekenning (klik hier om meer te lees).

  • Dr Elsje Jordaan

    Dr Elsje Jordaan, ’n welbekende sportafrigtingspesialis en pionier in die gebruik van digitale platforms om wedstrydtendense te ontleed, Sporttoekenning (klik hier om meer te lees).

  • Daniëlla van Heerden

    Daniëlla van Heerden, bekroonde joernalis, Jong Alumnus-toekenning (klik hier om meer te lees).

>

>

LEES MEER