>

Ontdek die SETHI Explosions

Ontdek die SETHI Explosions

 

Ons wil julle in hierdie uitgawe bekendstel aan die SETHI Explosions-geleentheid wat die baanbrekersnavorsing en kommersialisering wat regoor die NWU plaasvind, in die kollig plaas.

Hierdie jaarlikse week lange gebeurtenis is in Augustus in Potchefstroom gehou. Het jy dit misgeloop? Moenie bekommerd wees nie – daar is verskeie video’s wat jou ’n goeie idee sal gee van die navorsing, ontwikkeling en handelsgeleenthede wat by die SETHI Explosions aan die bedryf en ander belanghebbers vertoon is.

Terug na die begin

Die geleentheid is in 2013 geïnisieer toe die Fakulteit Ingenieurswese ’n ervaring genaamd “Engineering Explosions” bekendgestel het om hul projekte en navorsing te vertoon. Die Fakulteit Natuurwetenskappe het in 2014 en weer in 2015 by hulle aangesluit. ’n Jaar later het die geleentheid uitgebrei om wetenskap, ingenieurswese, tegnologie, gesondheid en innovasie te vertoon, en vandaar die naam SETHI Explosions.

Sedertien het hulle nog altyd daarin geslaag om ’n netwerkplatform vir akademici, navorsers en die bedryf te skep deur die kombinasie van uitstallings en hoë-impakproduksies wat in ’n aand vol pret en vermaak geïntegreer word.

 

Wanneer jy op die video hierbo klik, neem die skakel jou na die NWU se YouTube-kanaal. Die eerste video bevat die verwelkomingsboodskappe van prof Frikkie van Niekerk, die voormalige adjunk-visekanselier vir navorsing, innovasie en tegnologie, en prof LJ Grobler, voormalige dekaan van die Fakulteit Ingenieurswese.

Langs hierdie video op die YouTube-kanaal sal jy ’n speellys van nege ander video’s sien. Almal handel oor die navorsings- en innovasieprojekte wat tydens die SETHI Explosions-geleentheid vertoon is. Geniet dit!

-besonderhede

Redaksie

Personeel van die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement

Ontwerp en uitleg

Kurrikulumontwerp en Ontwikkeling: Grafiese Dienste

Fotografie

NWU-kollegas en diensverskaffers

Vir verdere navrae/korrespondensie
Nelia Engelbrecht -
Tel 018 299 4937 of
Interne bussie 260

Eish! word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans, Engels en Setswana uitgegee.