>

>

LEES MEER

krui die lewe

Daar is ’n spreekwoord wat sê dat afwisseling die lewe krui of skop aan die lewe gee, maar diversiteit maak beslis ook die lewe baie interessanter. Die NWU het onlangs hierdie wonderlike diversiteit by drie verskillende geleenthede gevier.

 

Eers het die NWU-personeel op Loslitdag op 1 September hulself in kleurvolle uitrustings uitgedos onder die banier “Vier diversiteit saam met mense met gestremdhede”. Toe, op 24 September se Erfenisdag, het almal hul tradisionele drag afgestof.

 

Moontlik die beste voorbeeld van hoe diversiteit ’n bietjie skop aan die lewe kan gee, was die kampus in Vanderbijlpark se jaarlikse Kultuurfees op 12 Oktober met die 2017-tema: “Die beste van my kultuur”.

Spesifieke kulture is aan koshuise toegeken en deelnemers moes daardie bepaalde kultuur se waardes, tradisies en lewenswyse demonstreer. Die dag se program het ingesluit dat studente aan ’n reeks kategorieë deelneem, waaronder teaterproduksies en drama, gedigte, danse, ’n kulturele modeparade en ’n kulturele kookkunsaanbieding.

 

Die direktoraat Studentelewe het die fees saam met die Kuns en Kultuur-portefeulje van die Studentekampuskomitee georganiseer. Lethiwe Kubheka, organiseerder van die geleentheid, sê die doel van die geleentheid is om ’n gevoel van samehorigheid binne die kampusgemeenskap te skep en om inligting oor die verskillende kulture op die kampus te deel.