GEREED OM
NUWE LEIERS
EENHEID TE BEVORDER
Die NWU se senior bestuur wat in nuwe posisies geplaas is, is entoesiasties en toegewyd – dit is duidelik uit hul opmerkings oor hul aanstellings en die pad vorentoe.
Hierdie poste is deel van die herstruktureringsproses om ’n eenheidsmodel vir die universiteit ’n werklikheid te maak en sluit adjunkvisekanseliers en uitvoerende dekane in, van wie ’n paar waarnemend is totdat die poste gevul is.
Klik op die foto’s hieronder om te sien wat hierdie NWU-leiers sê oor hulle aandeel om hul portefeuljes en fakulteite vorentoe te neem op pad na transformasie en die posisionering van die NWU as eenheidsinstelling.
Prof Robert Balfour
Waarnemende Adjunkvisekanselier: Onderrig en Leer
Onderrig en leer is noodsaaklik vir die studente-ervaring. In hierdie kantoor is al ons pogings daarop gerig om studente te bemagtig en te help; nie net deur wat geleer word en deur hoe leer plaasvind nie, maar ook met die interaksie tussen studente en akademici.
Akademiese transformasie en die transformasie van die kurrikulum is dus wedersyds inklusiewe aktiwiteite. Dit is opwindende en bemagtigende projekte; hulle gee aan ons energie deur ons aan te moedig om nuut oor tersaaklikheid en ons toekoms na te dink. Hulle inspireer ons om as universiteit ons verbintenis tot maatskaplike geregtigheid ter harte te neem, en dit te gebruik om ’n kurrikulum te skep wat waarlik inklusief en toekomsgeoriënteerd is.
Prof Awie Kotze
Uitvoerende Dekaan: Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Ek is toegewy aan die verskaffing van ’n gelyke en bemagtigende omgewing vir elke personeellid om die operasionele lewering, ontwikkeling, bevordering en implementering van beste praktyke in onderrig en leer en in navorsing en innovering oor kampusse heen te bestuur om die unitêre NWU en fakulteitstrategie en -plan te laat realiseer.
Die fakulteit sal daarna streef om die veelvoudige vaardighede te verstaan wat vereis word in ’n komplekse gesondheidsorgstelsel met ’n hoë-vaardighede/lae-vaardighede-kontinuum wat uit die gesondheidsorgbehoeftes van ’n gedifferensieerde samelewing voortspruit, en die behoefte om die hoogste etiese standaarde te handhaaf. Ons sien daarna uit om die kliniese opleidingsplatform op veral die kampusse in Mahikeng en Vanderbijlpark uit te brei deur innoverende en nuwe programme en kwalifikasies in te stel wat die gesondheidsorgbehoeftes van ons land as doelwit het. Jou gesondheid begin hier.
Prof Elsa Mentz
Waarnemende Uitvoerende Dekaan: Fakulteit Opvoedkunde
Die nuwe Fakulteit Opvoedkunde wil help om te voorsien in Suid-Afrika se behoefte aan toegewyde onderwysers wat ’n verskil in klaskamers en in die toekoms kan maak. Ons sal dit deur kontak- en afstandleweringsmodusse doen. Ons wil ook navorsing doen wat probeer om die uitdagings van die verskaffing van onderwys in ’n ontwikkelende land te hanteer. Voorts wil ons die getalle van ons navorsingsentiteite uitbrei met die oog op diversifisering, en wil ons die verskeidenheid van navorsingsbelange in die fakulteit erken. Die tipe gemeenskapsbetrokkenheid waarop ons wil fokus, sal poog om skole en hul ondersteuningsgemeenskappe omgeeruimtes te maak.
Om te help sorg dat dit alles bereik word, sal ek die identiteit en waardes van die NWU as unitêre multikampusinstelling ondersteun. Deur gereelde gesamentlike vergaderings op al die vlakke van die fakulteitstruktuur te hou, sal ek daarna streef om ’n samehorigheidsgevoel en ’n gedeelde toewyding onder personeel te bou.
Prof Robert Balfour
Acting Deputy Vice-Chancellor: Teaching and Learning
Teaching and Learning is key to student experience. In this office, all our efforts are geared to empowering and enabling students not only through what is learned and how the learning occurs, but also in the interaction between students and academics.
Academic transformation of the academy, and transformation of the curriculum, are thus mutually inclusive activities. These are exciting and enabling projects; they energise us by prompting us to think afresh about relevance and our futures. They inspire us to take to heart our commitment as a university to social justice, using it to shape a curriculum that is genuinely inclusive and future-oriented.
Prof Fika Janse van Rensburg
NWU-adjunkhoof en Adjunkvisekanselier: Potchefstroom (waarnemend)
Die feit dat die NWU 'n unitêre multikampusinstelling is, is 'n reusebate. Hoe sterker élkeen van ons drie kampusse is, hoe sterker is die NWU. Ek sien uit om in my dubbele hoedanigheid – as adjunkvisekanselier vir die kampus in Potchefstroom én adjunkhoof van die hele NWU – die eenheid van die NWU uit te bou. Ek wil meewerk dat elke kampus haar eie unieke identiteit enersyds optimaal gebruik tot voordeel van die NWU, en andersyds dié identiteit verruim tot 'n gemeenskaplike NWU-identiteit.
Só wil ek die woorde van ons universiteitslied wáár maak: "Three strong streams united flow!" Hoe sterker elke stroom vloei en hoe meer elke stroom se bron beskerm en ontgin word, hoe kragtiger is die sáámvloei waar dié strome as één magtige rivier.
Prof Sonia Swanepoel
Uitvoerende Dekaan: Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Ek glo die som is groter is as die dele, en daarom kan ’n verenigde geheel meer as individue of individuele fakulteite bereik.
Met die eenwording van die drie fakulteite in die nuutgestigte Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe sal ons nie net in staat wees om hulpbronne, mense en kundigheid te deel om die NWU se visie ’n werklikheid te laat word nie. Ons sal ook ’n wye poel van diversiteit hê wat verskillende sienings sal bevorder, en ywerige debatvoering en volgehoue kommunikasie sal aanmoedig sodat maatskaplike geregtigheid bevorder kan word.
Planne, mikpunte en doelwitte kan slegs deur mense verkry word (die sleutel tot sukses). Goeie leierskap is dus om ’n bemagtigende omgewing en ’n bevorderlike kultuur vir groei te skep as deel van ’n prestasiekultuur wat in die NWU se waardes saamgevat is sodat ons ons fakulteit tot nóg hoër hoogtes kan voer.
Prof LJ Grobler
Waarnemende Uitvoerende Dekaan: Fakulteit Ingenieurswese
Ons fakulteit sal fokus op die uitbreiding van sy voetspoor na die ander twee kampusse. Ons gaan dit doen deur nuwe programme op die ander twee kampusse te ontwikkel en ook deur saam met die ander fakulteite aan strategiese projekte te werk.
Ons doelwit is ook om tot maatskaplike geregtigheid by te dra deur op relevansie vir die gemeenskappe, die streek en Suid-Afrika te fokus deur goeie, volhoubare ingenieurstelsels te ontwikkel en toe te pas.
Verder sal ons op toenemende toeganklikheid tot die universiteit vir alle studente fokus, en voortgaan om op uitnemendheid in onderrig en leer, navorsing en innovasie te fokus.
Prof Linda du Plessis
Adjunkvisekanselier: Vanderbijlpark
Helen Keller het eenmaal gesê “Alone we can do so little. Together we can do so much.” Hierdie stelling is die sleutel tot sukses vir akademiese uitnemendheid in 'n unitêre NWU en ek is opgewonde om deel te wees daarvan.
Ek wil my beywer vir groter NWU-betrokkenheid in Gauteng; om mense en idees met mekaar te verbind; om meertaligheid te bevorder en uit te brei eerder as weg te neem, en om regverdigheid aan te moedig.
Die kampus in Vanderbijlpark is in ’n area met hoë werkloosheid geleë en daarom is dit belangrik dat ons die jeug in die gemeenskap ondersteun om toegang tot hoër onderwys te kry en hulle bemagtig om suksesvol te wees in hul studies, en dat ons graduandi lewer wat aan die vereistes van die industrie voldoen.
Prof Eno Ebenso
Uitvoerende Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbou-wetenskappe
Hoewel dit ’n uitdagende posisie is, gaan ek my bes doen om die fakulteit deursigtig en met integriteit te bestuur.
Die nuwe strategie is baie goed vir die NWU as eenheidsinstelling en sal al ons akademiese programme ten opsigte van onderrig, leer en navorsing belyn.
Dit sal ook gelykheid in hulpbronne en infrastruktuur bevorder.
Prof Stephen de la Harpe
Waarnemende Uitvoerende Dekaan: Fakulteit Regte
Die volgende paar maande gaan ’n opwindende tyd vir die nuwe Fakulteit Regte wees. Dit is nie dikwels dat ’n mens die geleentheid en voorreg het om deel te wees van die stigting van ’n splinternuwe fakulteit en ’n nuwe identiteit nie.
Ek wil graag hê die unitêre fakulteit, personeel en studente moet reg van die begin af die visie van ’n unitêre universiteit in alle opsigte hul eie maak. Ons moet beste praktyk ten opsigte van ons kernbesigheid en die bestuur van die nuwe unitêre fakulteit vestig en implementeer.
Op die kort termyn moet die fakulteit ’n suksesvolle LLB-verbeteringsplan gevestig kry en die kwessies hanteer wat in die Raad op Hoër Onderwys se verslag beklemtoon is. Tydens die oorgangstydperk moet die fakulteit ook sy fokus en momentum ten opsigte van sy kernbesigheid bly behou.
Prof Lumkile Lalendle
Uitvoerende Direkteur: Studentelewe
Ek beplan om saam met alle belanghebbers te werk om die studente-ervaring by al die NWU-kampusse te verbeter.
My primêre fokus sal wees op die verbetering van die institusionele studentekultuur, om beter te kommunikeer, en om ’n billike toewysing van lewenskanse en geleenthede aan studente te bevorder. Hierdie portefeulje sal ons in staat stel om as eenheid saam te werk om maatskaplike geregtigheid by ons universiteit en binne die gemeenskappe wat ons dien, te bevorder.
Prof Marilyn Setlalentoa
Uitvoerende Dekaan: Fakulteit Geesteswetenskappe
Hierdie fakulteit sluit tale, kommunikasiestudies, sosiale wetenskappe, regeringstudies, musiek en filosofie in.
Een van ons doelwitte is om loopbane te verskaf wat studente se bevoegdhede vir werk, dialoog en innovering sal ontwikkel om aan die eise van die komplekse en multikulturele wêreldwye samelewings te voldoen. Ons wil ook ’n interaktiewe, bevorderlike en dinamiese onderrig-en-leer-omgewing skep wat sukses sal bevorder.
Ander doelwitte sluit in om spesiale aandag te verleen om personeel se talent te bestuur om ’n produktiewe werksomgewing te skep en ’n hoë moraal in stand te hou, en om wetenskaplike kennis deur navorsing en innovering by te dra om die wêreld ’n beter plek te maak. Ons wil ook diversiteit en ’n sterk toewyding aan maatskaplike geregtigheid vier en omhels, en betrokke burgers word deur kennis te deel en vaardighede oor te dra tot voordeel van die universiteit en ons gemeenskappe.
Prof Rantoa Letšosa
Waarnemende Uitvoerende Dekaan: Teologie
Die Fakulteit Teologie was onder die voorlopers van ’n unitêre instelling, met sy witbordkursusse regoor kampusse in die verlede en sy belyning van sekere modules waar teologie ’n voetspoor op meer as een kampus gehad het. Die nuwe unitêre struktuur bring groter geleenthede om die programme uit te brei en teologie verder regoor die kampusse uit te bou. Dit sal een van eerste dinge op my agenda wees.
Die fakulteit het ook uitmuntende navorsing gedoen, en die idee is om dit uit te bou deur nóg beter mentorskapprogramme te skep om opkomende akademici vir gradering voor te berei.
Dit is ook my droom dat die fakulteit sigbaarder word in die gemeenskap en meer studente lok. Hiervoor wil ek die fakulteit se akademici aanmoedig om ’n groter rol in maatskaplike responsiwiteit, gemeenskapsbetrokkenheid en die deel van kundigheid te speel.