>

LEES MEER

>

NWU-personeel ondersteun bloeddruk-bewustheid

NWU-personeellede het in Mei by die wêreldwye veldtog vir bloeddrukbewustheid aangesluit deur aan ʼn reeks toetsings op die universiteit se kampusse en in die omliggende gemeenskappe deel te neem. Dit was deel van die grootste toetsingsveldtog wat nog ooit plaasgevind het.

 

NWU-personeellede het in Mei by die wêreldwye veldtog vir bloeddrukbewustheid aangesluit deur aan ʼn reeks toetsings op die universiteit se kampusse en in die omliggende gemeenskappe deel te neem. Dit was deel van die grootste toetsingsveldtog wat nog ooit plaasgevind het.

 

Mei was internasionale bloeddrukmaand en 17 Mei was internasionale bloeddrukdag. Internasionale bloeddrukmaand is ’n wêreldwye toetsingsinisiatief wat die behoefte aan ’n toenemende bewustheid van bloeddruk beklemtoon. Die mikpunt is om die bloeddruk van 25 miljoen mense van regoor die wêreld te meet om uit te vind hoe groot die probleem werklik is. In Suid-Afrika is verskeie veldtogte vir bloeddrukbewustheid reeds van stapel gestuur om almal oor die ouderdom van 18 jaar aan te moedig om hul bloeddruk te laat toets. Toetssentrums in Potchefstroom sluit in die Ingrypsentrum, Gesondheidsentrum, Welstandsentrum en die hipertensiekliniek van die Hipertensie in Afrika-navorsingspan (HART).

 

In Mahikeng is bloeddruktoetse op 31 Mei by die kampus se Great Hall uitgevoer. In Vanderbijlpark het die toetsing op 24 Mei by die lapa op die kampus plaasgevind.

 

 

Wie is wie by die NWU

 

Die NWU se prof Ruan Kruger en prof Angela Woodiwiss van die Universiteit van die Witwatersrand bestuur die Suid-Afrikaanse veldtog. Ruan is die voorsitter van die nuwe ondersoekkomitee van die Internasionale Vereniging vir Hipertensie en dien op die direksie van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Hipertensie. Hy werk as lid van die HART-navorsingsentiteit en is geaffilieer by die buitemuurse navorsingseenheid vir hipertensie en kardiovaskulêre siektes van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad.

 

Ruan sê hoë bloeddruk is een van die oorsake van sterftes in Suid-Afrika wat die meeste aangemeld word. “Dit is ook op ’n wêreldwye skaal ’n enorme probleem. Tien miljoen mense sterf elke jaar wêreldwyd aan chroniese hoë bloeddruk wat lei tot beroertes, hartaanvalle of iets wat deur dié toestand veroorsaak word. Amper die helfte van daardie mense het nooit eers geweet dat hulle hoë bloeddruk het nie. Dit kon voorkom word as hulle hul bloeddruk gereeld laat toets het sodat hulle gesonder keuses kon maak om ’n langer lewe te bevorder.”