>

>

LEES MEER

 

 

 

 

 

 

Die jaarlikse fees, wat deur die NWU se Puk-Kunste en die Studenteraad se Kunsteraad op die kampus in Potchefstroom aangebied word, het van 10 tot 12 Mei plaasgevind.

 

Constant van Graan, ’n dosent in forensiese rekenmeesterskap, het in die personeelkategorie met die louere weggestap. Sy uitvoering van Sahara se gospelliedjie “Loliwe” in Xhosa was een van die hoogtepunte van die aand. Dit het die beoordelaars en die gehoor geïnspireer en vir Constant die eerste plek in dié kategorie verseker.

 

Musiek bring ons bymekaar

“Die fees was vir my ’n buitengewone ervaring en beslis een van die hoogtepunte van my musiekloopbaan,” sê hy. “Die klank, beligting en begeleiding deur die Pukki-orkes was van internasionale standaard.”

 

Constant sê die entoesiasme van die gehoor, van wie ’n klompie van sy studente was, sal hom altyd bybly. “Die Xhosa-liedjie het my weer eens laat besef dat musiek mense bymekaarbring, selfs al kom hulle uit verskillende agtergronde. Dit is baie belangrik om

Dit was ’n aand van ongelooflike optredes, genotvolle klassieke werke en buitengewone talent. Die 34ste Pukki Talentfees was nie net ’n platform vir studente om hulle talent te vertoon nie, maar ook vir personeel om met vermaaklike en inspirerende optredes uit te blink.

in hierdie uitdagende tye wat ons tans in ons land ervaar, mense byeen te bring.”

 

Gregory Sekobotsane van die NWU se webkantoor en sy dansmaat, Moleboheng Khumalo, was die naaswenners in die kategorie met hulle asemrowende dansvertoning van ’n samba, “Cola cha-cha”.

 

Lizz Meiring, ’n doyenne van televisie, teater en film, was die seremoniemeester voor ’n lewendige en entoesiastiese skare in die Sanlam-ouditorium.

 

’n Paneel vol sterre was die beoordelaars

Die beoordelaars het Mynie Grové, beroemde sanger en liedjieskrywer, Stefan Enslin, alumnus van die NWU en vervaardiger van die films Strikdas en Nul is nie niks nie ingesluit.

 

Mynie was veral beïndruk met die talent van die studente en die lewendige orkes. Stefan sê hy was verstom oor die hoë standaard van elke optrede. Die beoordelaars van die kontemporêre kategorieë het Nkosinati Tom, Louis Nigrini en Rochelle Langford, verlede jaar se wenner in die personeelkategorie, ingesluit.

 

Jaco van der Walt, direkteur van Puk-Kunste, het al die personeel, studente en lede van die gemeenskap bedank wat hierdie jaar se gebeurtenis bygewoon het. “Ons sien daarna uit om almal weer volgende jaar te verras met al die wonderlike talent op die kampus.”

Kliek hIer om te sien wie die wenners in die studente-afdeling van die fees was.

Die buitengewone talent van hierdie kategoriewenners was by die 34ste Pukki Talentfees te sien.

(Al die foto’s is deur Annemarie Wichmann en Peet Ryke geneem.)

Constant van Graan se inspirerende uitvoering van die sanger-liedjieskrywer Sahara se klassieke gospelstuk

“Loliwe” het aan hom die eerste prys in die personeelkategorie besorg.

Naaswenners Gregory Sekobotsane, sosialemediaspesialis, en sy dansmaat,

Moleboheng Khumalo, het die gehoor op ’n lewendige samba getrakteer.

BEWEEG OOR FOTO'S

Suzette Nunes, vertaler by die Fakulteit Opvoedingswetenskappe, het die samba voor ’n entoesiastiese gehoor opgevoer.
Peet du Toit, mensehulpbronspesialis by die NWU se Mense en Kultuur, het 32 jaar nadat hy vir die eerste keer as student deelgeneem het, na die verhoog teruggekeer.
Johan Gouws is ’n dosent in ondernemingsbestuur. Sy uitvoering van Kurt Darren se “Kom bietjie hier” het die gehoor laat saamsing en hande klap.